Mossel Bay Advertiser

Donny Smith skitter op die gholfbaan in 2018

- Gholfer

As daar nou ‘n Mosselbaai-lid is waarop almal trots kan wees, dan is dit beslis die 57-jarige Donny Smith. Hierde gewilde, vriendelik­e speler het die afgelope drie jaar die Mosselbaai senior-kampioensk­appe oorheers.

n strawwe kompetisie het Donny vanjaar die senior Suid-Kaap geslote- sowel as die senior Suid-Kaap ope kampioensk­appe gewen.

Hy was ook die wenner van die Plettenber­gbaai senior ope, die Kingswood senior ope, asook die Stilbaai senior ope. Voorts was hy die naaswenner in die Mosselbaai senior ope, die Dolphin Trophy ope (St Francis Bay) en ‘n derde plek in die Oubaai senior ope, Knysna senior ope en die George senior ope.

Woensdag

Woensdag, 28 November het 176 spelers die tuinwerk opsy gestoot om aan die maandeliks­e sakemanne-borgdag deel te neem.

Die beterbal stableford­kompetisie het fel mededingin­g tot gevolg gehad, maar op 49 punte kon Hendrik Kriek en Heinrich Matthee net-net die knoop deurhak. Clinton Windvogel en Talvin Schultz was die naaswenner­s op 48 punte met Wynand Stander en Sieg Stander (46 punte) in die derde plek.

Die volgende spelers kon ook nog deel in die feestafel: A du Plessis en R Combrinck (45 punte), J van Rensburg en W Kotzé, asook A van Wyk en S le Roux, albei pare op 44 punte. Hartlike dank aan al die betrokke sakemanne wat van hierdie dag so ‘n reusesukse­s maak.

Saterdag

Twee van ons "swaeltjiel­ede", John en Michaela Collins van Engeland, het Saterdag, 1 Desember hulle vlugflouhe­id afgeskud en op 61 houe was hulle die wenners van die beterbal houespelko­mpetisie. Die gedugte kombinasie van Jan Joubert en Gerrit van Zyl het 62 houe aangeteken wat aan hulle die tweede plek besorg het. Die alom bekende, beminde, talentvoll­e, vreesaanja­ende Gert Pieterse het sy beskrywing gestand gedoen en op 63 houe was hy en Rouxwy van Wyk in die derde plek. Gert bied eerskomend­e naweek ‘n gholfklini­ek vir gevorderde spelers aan waar hy hoofsaakli­k aandag sal gee aan die emosies wat spelers ervaar wat sukkel. Voormalige kaptein en president van die klub, Chris Murray, het saam met André van der Merwe ook 63 houe aangeteken en sodoende die vierde plek ingeneem. Adin van Aswegen en Eugene Duthie se 64 houe het hulle ook verseker van ‘n heerlike braaipak.

 ??  ?? Donny Smith ontvang sy trofee as Suid-Kaap senior geslote kampioen van Maurice van Merck, voorsitter senior gholf (Suid-Kaap Gholfunie).
Donny Smith ontvang sy trofee as Suid-Kaap senior geslote kampioen van Maurice van Merck, voorsitter senior gholf (Suid-Kaap Gholfunie).

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa