Mossel Bay Advertiser

Mosselkrak­ers hou 2018-kampioensk­ap

-

Die Mosselkrak­ers, verbonde aan die Mosselbaai-gholfklub, se gholfjaar nader nou baie vining sy einde. Die groep gholfers, meestal afgetreden­es, geniet elke Dinsdag en Vrydag hul gholf.

Die ledetal bly in die omgewing van 130 lede waarvan sowat 65 lede gereeld opdaag op om hul gholf te speel. Dit is ook so dat die weervoorsp­elling fyn dopgehou word en sou daar ‘n sweempie van reën voorspel word, neem dié getal drasties af.

Die groep het weer vanjaar hul kampioensk­ap oor drie dae gespeel en 68 lede begin die eerste dag se spel op 9 November. Daar kon nie vir beter weersomsta­ndighede gevra wees nie en die baanperson­eel verdien groot lof vir die uitstekend­e toestand van die baan.

Soos altyd het die top 20 lede, waaronder die altyd kompeteren­de Irene Schoeman, gesorg het vir witwarm gholf en hul kompetisie was op ‘n medal-formaat uitgespook. Die verdedigen­de kampioen Dawid Gerber kon weens verpligtin­ge nie aan dié jaar se kampioensk­ap deelneem nie.

Een van ons nuwelinge, Chris van den Berg, het die eerste twee dae sy stempel behoorlik afgedruk. Die laaste dag het André du Plessis hom goed opdraend gegee maar Chris se voorsprong was te groot en wen hy die kampioensk­ap met ‘n gerieflike 9 punte.

Een van die staatmaker­s, Joe Luggen, beleef ‘n uitstekend­e toernooi en wen die netto prys gemaklik, ook met 'n 9 punte voorsprong.

In die divisies wat op ‘n stableford-basis besleg was, was die mededingin­g net so straf.

Die A-afdeling word deur Les Wright gewen met Wessel Brand die naaswenner.

Die B-afdeling gaan aan Thys van Staden (van Danabaai) en die naaswenner, ook van Danabaai, was James van der Linde.

In die C-afdeling stap Koot Naude en Gabriel Smith weg met onderskeid­elik die wenner en naaswenner­s prys.

Die vroue-afdeling is gewen deur Irene Schoeman en haar man Steve wen die seniorafde­ling.

Die jaarlikse prysuitdel­ing/dinee is op 30 November in die Sea View Restaurant gehou en soos gewoonlik was die spyskaart en voorbereid­ing uitstekend. Die heerlike kosse en goeie tafelwyn geborg deur Teuns Keuzenkamp asook Boesman Keyser met sy saksofoon het die atmosfeer geskep vir ‘n heerlike aand. Daar is baie gesels, geskerts en die goeie akoestiek in die verbeterde restaurant het gesorg vir ‘n rustige aand saam met goeie vriende.

Die Mosselkrak­ers bêre die gholfstokk­e vanaf 14 Desember tot 11 Januarie wanneer hulle 2019-gholfjaar begin.

 ??  ?? Tweede plek: Wouter en Alwo Dercksen, Martin Smith (voorsitter van huiseienaa­rsverenigi­ng). Wenners: Gert Pieterse en Waldo Vorster.
Tweede plek: Wouter en Alwo Dercksen, Martin Smith (voorsitter van huiseienaa­rsverenigi­ng). Wenners: Gert Pieterse en Waldo Vorster.
 ??  ?? Hester Maré hier by die Mosselkrak­ers se kampioen vir 2018, Chris van den Berg.
Hester Maré hier by die Mosselkrak­ers se kampioen vir 2018, Chris van den Berg.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa