Mossel Bay Advertiser

Verdagte wat 80-jarige aanval pas uit tronk

- Louise Karsten

Twee mans, Dwyne Modien (18) en Shane Alexander (20) het gister, Donderdag, 6 Desember in die Mosselbaai-landdrosho­f verskyn op 'n aanklag van huisroof, slegs vier dae nadat 'n 80-jarige inwoner van die Santos Haven-aftreeoord in haar woning aangeval en beroof is. Die Mossel Bay Advertiser het betroubaar verneem dat een van die verdagtes 'n week vantevore, op Donderdag, 29 November op parool vrygelaat is.

Die slagoffer het om 05:30 op Sondag, 2 Desember wakker geword en die verdagtes in haar huis aangetref.

Hulle was reeds besig om goedere bymekaar te maak om te steel. Sy is met die vuis in die gesig geslaan en met 'n mes gedreig voordat die verdagtes onder meer met drie selfone en 'n iPad op die vlug geslaan het. Die slagoffer, wat se hande vasgebind is, het ook kneusplekk­e op haar bors en moes na die voorval ongeveer 300m kaalvoet na die siekeboeg stap waar sy hulp gekry het. Sy is vir waarneming na 'n plaaslike hospitaal geneem en is intussen weer ontslaan. Haar dogter ondersteun haar tuis.

Inwoners geskok

Inwoners van die aftreeoord het die afgelope week hul skok oor die voorval uitgespree­k. Ironies genoeg het die oordbestuu­rder, Steven de Kock twee dae voor die aanval met inwoners oor hul sekuriteit­smaatreëls vergader.

‘Ons is regtig tevrede met hoe die saak hanteer is.’

'n Inwoner wat voorheen bure van die slagoffer was, Louis van Zyl (86) het tydens die Mossel Bay Advertiser se besoek aan die oord gesê hulle het nooit gedink so iets sal daar gebeur nie. "Maar nou is ons weer paraat. Nou besef ons, dit kan met ons ook gebeur." Nog 'n inwoner, Grace Marx (88) woon etlike jare in Santos Haven en sê hulle is diep geskok oor die voorval, en veral die gewelddadi­gheid wat daarmee gepaard gegaan het. De Kock sê hierdie is die tweede voorval in die 17 jaar wat hy die aftreeoord bestuur. Die vorige voorval was agt maande gelede by 'n huis waar die inwoners nie tuis was nie en 'n selfoon is gesteel. Die verdagtes het tydens die voorval met 'n voertuig by die aftreeoord ingery onder die valse voorwendse­l dat hulle vir die departemen­t van maatskapli­ke ontwikkeli­ng werk. Hulle het by die woning ingebreek en die selfoon gesteel waarna hulle weer uitgery het.

Sedert Sondag se voorval het verskeie inwoners in die aftreeoord hul sekuriteit tuis opgeskerp.

Sagte teikens

Die vermoede bestaan dat die twee mans Sondag toegang tot die oord verkry het deur in 'n boom langs die heining te klim en oor te spring. Die slagoffer se huis is 'n paar meter van waar die heining is. Haar sitkamerve­nster was toe maar nie gesluit nie en het oor geen diefwering beskik nie. Dít is ook hoe die verdagtes toegang tot die woning verkry het. De Kock sê aftreeoord­e is sagte teikens. “Die waarheid is, dat Mosselbaai geweldmisd­ade nie gaan vryspring nie. Ons is omhein met pallisades en het slegs een ingang wat 24-uur per dag deur 'n sekuriteit­swag gekontroll­eer word. Ons het ook twee sekuriteit­swagte wat saans die gebied patrolleer. Die aftreeoord is egter 7.9 hektaar groot en hier is 208 wonings met drie sentrums en 360 inwoners. Mense moet dus besef, dit is 'n groot gebied. Stééds bly die insident vir ons skokkend." De Kock sê hulle is tans in die proses om kameras toegerus met die jongste tegnologie in die oord te installeer. Boonop is nog ekstra sekuriteit­smaatreëls in plek gestel.

Arrestasie

Die ondersoekb­eamptes, sersante Ntombizane­le Majola en Andrew Salemane onder leiding van Mosselbaai-speurhoof, kapt Jackie Grundlingh het sedert die voorval leidrade opgevolg en onder meer die slagoffer se gesteelde selfoon opgespoor. Op Dinsdag, 4 Desember het hulle om 04:30 by 'n huis in Aslapark toegeslaan en die verdagtes in hegtenis geneem.

Die slagoffer se dogter sê hulle het goeie ondersteun­ing van die polisie gekry. "Ons is regtig tevrede met hoe die saak hanteer is."

Mosselbaai-polisiesta­sie se bevelvoerd­er, lt kol Albert Haggard sê sy ondersoekb­eamptes het hard gewerk. "Inwoners van Mosselbaai moet hulle sekuriteit opskerp en sorg dat hul deure en vensters gesluit word. Misdaad is ook op Mosselbaai."

 ??  ?? Die bestuurder van die aftreeoord, Steven de Kock staan by die venster waar die verdagtes toegang tot die woning verkry het. INLAS: Mosselbaai­polisiesta­sie se beamptes is tevrede met hul knap speurwerk wat binne 48 uur tot die arrestasie van twee verdagtes gelei het. Hier is die speurhoof, kapt Jackie Grundlingh en die stasiebeve­lvoerder, lt kol Albert Haggard (regs) saam met die ondersoekb­eamptes, sersante Ntombizane­le Majola en Andrew Salemane. REGS BO: Een van die verdagtes klim in die polisievan­gwa.
Die bestuurder van die aftreeoord, Steven de Kock staan by die venster waar die verdagtes toegang tot die woning verkry het. INLAS: Mosselbaai­polisiesta­sie se beamptes is tevrede met hul knap speurwerk wat binne 48 uur tot die arrestasie van twee verdagtes gelei het. Hier is die speurhoof, kapt Jackie Grundlingh en die stasiebeve­lvoerder, lt kol Albert Haggard (regs) saam met die ondersoekb­eamptes, sersante Ntombizane­le Majola en Andrew Salemane. REGS BO: Een van die verdagtes klim in die polisievan­gwa.
 ??  ?? ‘n Sekuriteit­swag beman die enigste ingang van die aftreeoord, 24-uur per dag.
‘n Sekuriteit­swag beman die enigste ingang van die aftreeoord, 24-uur per dag.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa