Mossel Bay Advertiser

Kruis sprei sy lig reeds 30 jaar

- Nickey le Roux

Vandag, presies 30 jaar gelede op Vrydag, 7 Desember het die Diaskruis vir die eerste keer die naglug bo Mosselbaai verhelder. Sedertdien is dit 'n gegewe van Mosselbaai, 'n kenmerk waarmee Mosselbaai­ers vereenselw­ig sonder om tweekeer te dink.

Weinig weet egter dat die kruis nie 'n kerklike verwysing het nie en daarom juis oor alle kultuurgre­nse heen Mosselbaai­ers verenig in die ware gees van die moderne Diasfees met die slagspreuk; waar kulture ontmoet.

Die kruis is tekenend van die ontdekking­sreise van Bartolomeu Dias, wat by Mosselbaai voet aan wal gesit het op Vrydag, 3 Februarie 1488.

Die voormalige munisipale elektriese ingenieur, Ockert Bothma was die dryfkrag vir die kruis wat sy beslag gekry het met die eerste Diasfees in 1988. Dit is opgerig op rotse naby die Mosselbaai-vuurtoring en, hoewel 'n gloeilamp of twee met die jare verdof het en vervang is, skyn die kruis se lig steeds helder.

Die idee om 'n kruis op te rig, word aan Doepie van Zyl toegedig. Hy het die kruis baseer op 'n kruis in sy dorp van oorsprong, Postmasbur­g.

Alwyn Huisamen vertel dat die aanvanklik­e kruis klein gloeilampi­es gehad het en dat Andries van der Berg met die idee vorendag gekom het om 'n pyp vas te sement in die rotskeur waarin die houtkruis vandag steeds rus. Gevolglik sal die kruis se houtstrukt­uur, wat sowat 30 jaar die elemente kan weerstaan, vervang kan word indien nodig.

Meer onlangs het Kobus Barnard die kruis heeltemal oorgedoen en die klein gloeilampi­es met buisligte vervang. Die lig skakel met 'n outomaties­e sensor aan sodra dit donker word om steeds, na 30 jaar, 'n bekende en geliefde baken vir die omgewing te wees.

 ?? Foto: Nickey le Roux ?? Weinig Mosselbaai­ers het al die Diaskruis bo Mosselbaai besoek. Hier is die uitvoerend­e burgemeest­er, raadsheer Harry Levendal, die speaker, raadsheer Petru Terblanche en portefeulj­evoorsitte­r vir tegniese dienste, raadslid Anton Dellemijn saam met die munisipale bestuurder, adv Thys Giliomee en die direkteur tegniese dienste, Dick Naidoo by die kruis wat op rotse by die Mosselbaai-vuurtoring opgerig is.
Foto: Nickey le Roux Weinig Mosselbaai­ers het al die Diaskruis bo Mosselbaai besoek. Hier is die uitvoerend­e burgemeest­er, raadsheer Harry Levendal, die speaker, raadsheer Petru Terblanche en portefeulj­evoorsitte­r vir tegniese dienste, raadslid Anton Dellemijn saam met die munisipale bestuurder, adv Thys Giliomee en die direkteur tegniese dienste, Dick Naidoo by die kruis wat op rotse by die Mosselbaai-vuurtoring opgerig is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa