Mossel Bay Advertiser

Genadegawe met oop hande uitgedeel

- Nickey le Roux Foto's: Nickey le Roux

"Dis genadegawe­s, elke bietjie hulp vir ons diere is net genade," sê een van die begunstigd­es wat sal deel in 'n vrag veevoer wat bestem is vir diere van landbouers in die groter Mosselbaai-area. Boereveren­igings van die Bredasdorp-omgewing het 12 vragmotors opgehoop met droogtehul­p vir landbouers in die groter Mosselbaai geskenk. Dit het ook gars, mielies en veelekke ingesluit. Van vroeg reeds op Dinsdag, 4 Desember het Mosselbaai­ers die vragmotors, wat by Transand byeengekom het, ingewag. Toe die eerste vragmotor met sy vrag by die hekke indraai, het die bekommerde stroefheid vir breë glimlagte plek gemaak.

"Ek koop al maande nie meer veevoer nie," het 'n bekommerde landbouer aan die Mossel Bay Advertiser gesê. Kuddes is reeds tot net die allernodig­ste uitgedun en landbousku­ld hoop op. "Ons het honderde milimeter reën nodig om die droogte te breek, om die ondergrond­se waterbronn­e aan te vul en water in die damme te kry."

Sommige van die vragmotors het hul vragte veevoer op Herbertsda­le afgelewer. In Mosselbaai is die vragte afgelaai en is die mees hulpbehoew­ende boere voorkeur gegee. Selfs die vervoer is gratis deur die georganise­erde landbou bewillig en onder aanvoering van Lafras Venter het die 12 vragmotors in konvooi die skenkings afgelewer.

"Dis moeilik om dankie te sê. Hoe sê 'n mens dankie aan jou kollegas wat verstaan, wat waarskynli­k hulself tekort skiet sodat hulle met oop hande dit wat so broodnodig is, aan andere kan uitdeel?"

 ??  ?? Sommige van die begunstigd­es van die groter Mosselbaai saam met die span wat vir die vervoer van die voerskenki­ng vanuit die Bredasdorp-omgewing verantwoor­delik was.
Sommige van die begunstigd­es van die groter Mosselbaai saam met die span wat vir die vervoer van die voerskenki­ng vanuit die Bredasdorp-omgewing verantwoor­delik was.
 ??  ?? Altesaam 12 vragmotors veevoer, wat ook gars, mielies en veelekke ingesluit het, is met groot dankbaarhe­id op Dinsdag, 4 Desember vanuit die Bredasdorp-omgewing in Mosselbaai ontvang.
Altesaam 12 vragmotors veevoer, wat ook gars, mielies en veelekke ingesluit het, is met groot dankbaarhe­id op Dinsdag, 4 Desember vanuit die Bredasdorp-omgewing in Mosselbaai ontvang.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa