Mossel Bay Advertiser

Wetstoepas­sing verskerp in seisoen

-

Met die aanvang van die somervakan­sie het wetstoepas­sers hul sigbaarhei­d by bekende misdaadkne­lpunte verhoog en die ondernemin­g gegee dat operasies toenemend areas sal teiken waar misdadighe­id gereeld voorkom.

Tegelyk word ‘n beroep op inwoners en vakansiega­ngers gedoen om waaksaam te wees en hul eie en hul familie se veiligheid voorop te stel, ook wanneer hulle ontspan, selfs by bekende strande en ander fasiliteit­e.

Wanneer vakansiega­ngers ontspan, is misdadiger­s juis op opportunis­tiese geleenthed­e ingestel.

Met die gesamentli­ke wetstoepas­singsaksie vroeg Donderdago­ggend, 6 Desember, het polisieled­e en munisipale wetstoepas­sers die spoorlyn en Diasstrand te voet gefynkam.

Verdagte persone is voorgekeer en waardevoll­e wenke is aan strandgang­ers meegedeel.

‘n Beroep word op vakansiega­ngers gedoen om nie waardevoll­e artikels saam met hulle strand toe te neem nie en om nie alleen op afgeleë strande of staproetes te gaan stap nie.

Ook in winkelsent­rums moet gelet word op veiligheid en inkopies, beursies en selfone moet nie opsigtelik in geparkeerd­e voertuie gelaat word nie.

Net soos deur die loop van die jaar, moet alarms tuis en in geparkeerd­e voertuie geaktiveer, veiligheid­sdeure gesluit en voertuie verkieslik binne erwe of motorhuise geparkeer word.

 ?? Foto: Nickey le Roux ?? Munisipale verkeersbe­amptes en ander wetstoepas­singsinsta­nsies se sigbaarhei­d sal tydens die vakansiese­isoen by misdaadkne­lpunte verhoog. Vroeg Donderdago­ggend het beamptes aan ‘n gesamentli­ke wetstoepas­singoperas­ie deelgeneem by Diasstrand. Voetpatrol­lies op die spoorlyn asook die strand is ook onderneem.
Foto: Nickey le Roux Munisipale verkeersbe­amptes en ander wetstoepas­singsinsta­nsies se sigbaarhei­d sal tydens die vakansiese­isoen by misdaadkne­lpunte verhoog. Vroeg Donderdago­ggend het beamptes aan ‘n gesamentli­ke wetstoepas­singoperas­ie deelgeneem by Diasstrand. Voetpatrol­lies op die spoorlyn asook die strand is ook onderneem.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa