Mossel Bay Advertiser

Wees bedag op veiligheid op strande

- Nickey le Roux

Inwoners en vakansiega­ngers word gewaarsku om op hul eie veiligheid bedag te wees op veral Diasstrand, asook ook ander strande in die groter Mosselbaai.

Hoewel misdaadkne­lpunte bedags deeglik gepatrolle­er word, is dit veral vroeg soggens en teen skemeraand wat opportunis­te strandgang­ers teiken.

By Diasstrand is die bosse tussen die see en Louis Fourieweg 'n gerieflike wegkruippl­ek vir misdadiger­s. Dit is veral maklik vir misdadiger­s om ongesiens toe te slaan en weer in die bosse te verdwyn.

Blue Waters

Daar is wel inisiatiew­e deur die Mosselbaai-munisipali­teit om van vandag af soggens heelwat vroeër met strandpatr­ollies te begin en tot heelwat later saans daarmee vol te hou in die Blue Waters-area. Die strandwagt­e by Blue Waters sal daagliks van 06:00 tot 18:00 aan diens wees.

By ander strande sal buurtwagle­de en polisiebea­mptes by patrollies betrokke wees.

Dit bly egter strandgang­ers se verantwoor­delikheid om hul eie veiligheid voorop te stel en dus liefs nie alleen nie en op afgesonder­de strande hul waaksaamhe­id te verslap nie.

Die Wes-Kaapse regering se departemen­t van ekonomiese ontwikkeli­ng en toerisme (DEDAT) het 'n toerismeve­iligheidsp­rojek van stapel gestuur en nooi toeriste in die Tuinroete en Karoo om, indien nodig die veiligheid­sbeampte, Ilze Jacobs (082 972 2507) vir hulp en bystand te kontak vir praktiese en emosionele ondersteun­ing, onder meer om kontak met konsulate of ambassades of hul families te bewerkstel­lig. Die DEDAT-toerismebe­stuurders kan help om diegene wat traumabera­ding benodig, met die nodige hulpbronne te verbind.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa