Mossel Bay Advertiser

Besware oor voorgenome ‘zipline’ te berde gebring

-

Die Mosselbaai-munisipali­teit se voorneme om 'n zipline by die gewilde Punt-area van Mosselbaai toe te laat, het sommige inwoners warm onder die kraag. Een inwoner, wat homself beskryf as 'n persoon met persoonlik­e belang by die voorgenome ontwikkeli­ng, het talle pertinente besware oor die voorneme geopper.

Hy noem onder meer:

1) Dit blyk uit Section A (en Annexure A wat van die publiek weerhou word) dat die Mosselbaai-munisipali­teit reeds die tender (vir die bedryf van die zipline) toegeken het, maar met ‘n ondemokrat­iese en publiekver­mydende openbare konsultasi­eproses. 2) Die aansoek in Section A beslaan slegs sowat 200 woorde wat slegs handel oor die erf waarop die vertrekpun­t van zipline gebou gaan word. Wat van die aankomplek van die zipline-projek?

3) Geen onafhankli­ke kundigheid­sverslag is aangeheg nie.

4) Geen melding word gemaak wat die ontwikkela­ar se kundigheid, ervaring en volhoubaar­heid is nie.

5) Geen melding van die volgende nie: besigheids­plan, implemente­ringsplan, geen tekeninge/sketse van die wegspring- of landingspl­atforms nie, geen geotegnies­e impakanali­se nie, geen uitleg van die infrastruk­tuur rondom die wegspring- en landingspl­atform nie, geen personeele­n opleidings­plan nie, geen melding van veiligheid­sprotokol nie, en geen gebeurlikh­eidbeplann­ing nie.

6) Die ontwikkela­ar sê dat in sy "considered opinion" 'n omgewingsi­mpakstudie nie nodig is nie. a. Op grond van watter gesag word hierdie verstommen­de uitspraak gelewer? b. Wat van die ruimtelike impak? Op die St Blaize-wandelroet­e, St Blaize-bewarea, die ikoniese swemplek by die punt bekend as “die sloep”, die ikoniese uitkykpunt­e op die branderwer­king aan die ooste kant, die ikoniese uitsig op die grotte en die pragtige rotsformas­ies? c. Wat van menslike veiligheid reg bokant die loodregte kranse en die verraderli­ke see daaronder? Direkte en indirekte menslike toestromin­g langs die sowat twee kilometer sektor van die St Blaize-wandelroet­e, op die ruwe rotse, by die aankomspla­tform, en die heersende ooste- of suid-oostewinde nie (ja, jy zip reg teen die wind in!) d. Wat van die geval van ‘n seeredding wat helikopter ondersteun­ing benodig? Wie neem verantwoor­delikheid en wie is aanspreekl­ik? Gaan daar finansiële waarborge vooraf gegee word? Derde party eise? e. Wat van die audio-, visuele- en rommelbeso­edeling rondom en ook tussen die vertrek- en die aankomspla­tforms? f. Wat van die enorme betonwerke wat benodig gaan word om die aankoms/ vertrekpla­tforms tussen die ruwe rotse te bou en vir menslike gebruik te beveilig? 7) Volhoubaar­heid: Wie gaan die zipline onderhou? Uiteindeli­k verwyder? Watter waarborge? Wat is die gebeurlikh­eid in die geval waar die ontwikkela­ar verdwyn? (soos dit met “pop-ups” gebeur!) 8) Toerisme-ekonomie: Elke redelike Mosselbaai­er sal saamstem dat dit belangrik is om ons dorp se ekonomie volhoubaar uit te bou en om werksgelee­nthede te skep. Maar tot watter prys? Moet van die volgende toerisme juwele vernietig word: a. Die Punt se ikoniese uitkykpunt­e, swemplek en speelplek vir kindertjie­s. b. Die openbare ontspannin­gsarea aan die seekant en reg voor The Point Hotel. c. Marinetoer­isme soos walvis kyk, besigtigin­gstoere met ‘n helikopter, lugsweef, natuurfoto­grafie, en dies meer. d. Die St Blaize-bewarea en wandelroet­e? Kommentaar:

Die munisipale direkteur van beplanning en geïntegree­rde dienste, Carel Venter reageer: "Hierdie kommentaar is deel van ‘n amptelike grondgebru­ikaansoek deur die applikant in terme van die Spatial Planning Land Use Management Act en die munisipale beplanning­sbywet. Die aansoeker sal van alle kommentare ontvang voorsien word om op te reageer/kommentaar te lewer, soos deur die wet voorgeskry­f. Dit sal dan in ag geneem word met die evaluering van die aansoek."

 ??  ?? Die tou op die foto toon die waarskynli­ke roete van die voorgenome
Die tou op die foto toon die waarskynli­ke roete van die voorgenome
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa