Mossel Bay Advertiser

Geen borg vir 80-jarige se vermeende aanranders

- Louise Karsten

Borgtog is die afgelope week aan die twee mans wat na bewering 'n 80-jarige inwoner van Santos Haven-aftreeoord op Sondag, 2 Desember aangeval en beroof het, geweier.

Die verdagtes, Dwyne Modien (21) en Shane Alexander (24) is beide kort voor die voorval op parool vrygelaat en het dus hul borgtogvoo­rwaardes verbreek.

Volgens die polisie het beide Modien en Alexander 'n misdaadges­kiedenis, maar die inhoud sal eers tydens die hofsaak bekend gemaak word.

Die slagoffer, Annelene Massyn het om 05:30 op Sondag, 2 Desember wakker geword en die verdagtes in haar huis aangetref.

Sy is met die vuis in die gesig geslaan en met 'n mes gedreig voordat die verdagtes onder meer met drie selfone en 'n iPad op die vlug geslaan het.

Modien en Alexander het toegang tot die aftreeoord, wat 24-uur beman word verkry, deur in 'n boom duskant die pallisade heining te klim, en oor te spring.

Hulle is binne 48-uur by 'n huis op Asla Park in hegtenis geneem en die polisie het op besittings wat aan Massyn behoort afgekom. Intussen kon sekuriteit­smaatskapp­ye nie voorbly met die versoeke van inwoners van die aftreeoord om hul wonings se sekuriteit op te skerp.

Volgens 'n inwoner van die oord is minstens agt veiligheid­shekke in slegs een dag geïnstalle­er.

Die verdagtes bly in aanhouding en verskyn weer op 28 Januarie in die Mosselbaai-landdrosho­f op 'n aanklag van huisroof.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa