Mossel Bay Advertiser

Seuns voltooi onvergeetl­ike staptog

- Cornelle Carstens

Die pas waarteen die 21 jong manne wat Saterdag die 42ste Grosvenora­vontuursta­ptog voltooi het, in gelid by die Hartenbos Seefront aangekom het, was 'n getuigskri­f van 'n verskeiden­heid faktore. Dalk was dit die versugting na 'n lekker koppie koffie met beskuit. Of die uitsien na die gemak van 'n bed of die begeerte om net weer skoon te kom onder 'n warm stort. Maar een ding is seker, te oordeel aan hulle kommentaar na die sewedaglan­ge staptog, dat dit 'n lewensvera­nderende ervaring was.

Die seuns, almal tussen 16 en 18 jaar oud, het op 1 Desember weggesprin­g op Wildernis. Die Grosvenor-avontuurst­aptog is geskoei op die geskiedkun­dige gebeure toe skipbreuke­linge in 1782 vanaf die Transkeise kus na Kaapstad se Fort van Goeie Hoop gestap het.

Kosie Gericke, ervare instrukteu­r wat die staptog vanjaar vir die 18de keer meegemaak het, verduideli­k die uitdagings.

"Ons het al by die Kaaimansri­vierbrug gesukkel toe dele van die brug waarmee ons die rivier moet oorsteek, lekker geroes was." Daar word kuslangs gestap na Ballotsbaa­i, waarna 'n klomp steiltes met meer as 200 trappies getrotseer moet word en deurgaans strandlang­s gehou soos die groep hulle pad vind terug na Mosselbaai. Die reënweer verlede week het sake bemoeilik, maar dit het die jonges geleenthei­d gegee om verdere vindingryk­e planne te maak om 'n droë skuiling te bewerkstel­lig.

"Honger, nat, koud, maar dit was lekker," het 'n deelnemer van Rustenburg gesê. 'n Ander outjie het weer gebieg dat die slaap op ongemaklik­e terrein, moeilik was.

"Ek het geleer om meer volwasse op te tree en dat as jy alleen gaan, gaan jy vinniger, maar sáám, gaan jy verder," het 'n outjie van Uitenhage beken. Volgens Gericke, was die groep vanjaar 'n sterk groep. "Die seuns het goeie karakter gewys en dit is juis die doelwit van die kamp, om karakter te bou. En dan het die aspek ook sterk uitgekom dat jy niks sonder God kan doen nie. Hierdie is nie 'n kerkkamp nie, maar deur die swaarkry en min kos, het dit sterk deurgekom. "

'n Ander deelnemer van Uitenhage kon nie uitgepraat raak oor hóé lekker die staptog was nie. "Ek het my gate uit geniet. Ek dink nie daar is nog so 'n kamp in SuidAfrika nie. Dit was vrék lekker gewees. Volgende jaar kom ek weer, ek belowe."

Jose Baruch, 'n plaaslike paramediku­s, het vir die derde keer die staptog voltooi. "Ek sê elke jaar ek kom nie weer terug nie, maar daar is iets wat jou terugbring. Die spangees, die mense. En dat dit jou nader aan die Here bring. Dít is wat jou terugbring." Ewald Crause, stigter van die Grosvenora­vontuursta­ptog, het die jonges by die eindpunt verwelkom. Hy het ook by die wegspring verduideli­k waaroor alles nou eintlik gaan. By die eindpunt het die jonges hulle prys ontvang - 'n Grosvenor T-hemp. Hierdie voorreg is maar 'n handjievol seuns beskore wat jaarliks sedert 1976 hierdie lewensvera­nderende avontuur meemaak.

 ??  ?? Ewald Crause, stigter van die Grosvenor-staptog, spreek die jonges in Wildernis by die wegspringp­lek toe.
Ewald Crause, stigter van die Grosvenor-staptog, spreek die jonges in Wildernis by die wegspringp­lek toe.
 ??  ?? Nie veel van ‘n skuiling nie, maar die glimlag maak daarvoor op.
Nie veel van ‘n skuiling nie, maar die glimlag maak daarvoor op.
 ??  ?? Bondgenoot­skappe is gevorm.
Bondgenoot­skappe is gevorm.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa