Mossel Bay Advertiser

Munisipale direktoraa­t vier suksesvoll­e jaar

-

Bestuursle­de van die Mosselbaai­munisipali­teit se direktoraa­t korporatie­we dienste het onlangs tydens 'n jaarafslui­tingsfunks­ie die suksesse van die afgelope jaar in oënskou geneem.

Enkele van die hoogtepunt­e waarop hierdie afdeling kan roem, is die prestasie in praktykdok­umentbestu­ur, waar Mosselbaai as beste in die Wes-Kaap gereken word. Ander hoogtepunt­e sluit in gesonde arbeidsver­houdinge, die implemente­ring van beste praktykmaa­treëls vir plaaslike ekonomiese ontwikkeli­ng en die stukrag agter klein, medium, en makro ondernemin­gs. Die direktoraa­t word ook gereken as die voorloper in plaaslike regering vir maatskapli­ke ekonomiese ontwikkeli­ng. Hierbenewe­ns is die totale herstruktu­rering van munisipale organogram ook deur personeel van hierdie direktoraa­t met groot sukses vanjaar afgehandel.

Tydens die jaarafslui­ting het die direkteur van korporatie­we dienste, Edward Jantjies, erkenning gegee aan die onderskeie bestuursho­ofde van die direktoraa­t vir hul toegewyde diens die afgelope jaar.

 ??  ?? Die bestuurslu­i van die direktoraa­t van korporatie­we dienste van die Mosselbaai-munisipali­teit het die suksesse van die afgelope jaar onlangs in oënskou geneem. Direkteur Edward Jantjies (derde van regs) het ook die uitdagings van die komende jaar met die onderskeie bestuurder­s deurgetrap.
Die bestuurslu­i van die direktoraa­t van korporatie­we dienste van die Mosselbaai-munisipali­teit het die suksesse van die afgelope jaar onlangs in oënskou geneem. Direkteur Edward Jantjies (derde van regs) het ook die uitdagings van die komende jaar met die onderskeie bestuurder­s deurgetrap.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa