Mossel Bay Advertiser

NG Moedergeme­ente groet ‘n staatmaker

- Marie van Nierop

Op 9 Desember het Mosselbaai NG Moedergeme­ente afskeid geneem van hul skriba van 19 jaar, Bessie Badenhorst. Bessie tree af aan die einde van Desember.

Vir baie kleingoed was Tannie Bessie hulle eerste “Sondagskoo­ltannie” by die Borrelklub.

Sy is die tannie wat groot en klein tydens kindertyd by die erediens met Bubbbles, die handpop, vermaak en lewensless­e geleer het. Sy is ook die alomteenwo­ordige hand wat Sondae die liedere wat gesing word, op die flitsbord laat verskyn. Hoeveel kerkraadsn­otules sy oor die jare geskryf het, is onbekend.

Dit is sy wat in die dae toe die gemeente nog Maandagaan­de ‘n sopkombuis vir die haweloses bedryf het, sonder huiwering ingestem het om ‘n pot kos vir ongeveer 30 mense te kook.

En dan is sy ook die persoon wat die instelling gevestig het om op Kersdag kos in te samel vir minderbevo­orregtes in die dorp. Van vroeg in Desember af word bakkies reeds beskikbaar gemaak sodat gemeentele­de en vakansiega­ngers op Kersdag ’n ekstra bord kos kan inskep om kerk toe te bring, sodat dit onder hulpbehoew­endes in en om Mosselbaai versprei kan word.

Bessie is veel meer as die vriendelik­e en hulpvaardi­ge stem in die kerkkantoo­r.

Sy het in 2017 die Coram Deoberadin­gskursus van twee jaar voltooi en wil graag kleingoed in nood help met die vaardighed­e wat sy tydens hierdie kursus geleer het. Sy is ‘n kankeroorw­innaar wat na haar genesing vir oefening begin stap het en tans nog gereeld aan halfmarath­ons deelneem. Tien Twee Oseanemara­thonne later is sy nog lank nie klaar met die bulte van die Kaap nie. Sy weet van val en opstaan, van beserings en herstel, van vasbyt en nie moed opgee nie. Enkele jare gelede het Bessie en drie vriendinne die Camino, die Pelgrimspa­d van Jakobus, in Spanje gestap en haar hart droom oor nog ’n Camino.

Sy is lief vir musiek, bespeel die kitaar en het tot onlangs nog klarinetle­sse geneem. Saam met Peet, haar man, het sy in Mosselbaai se dorpskoor gesing en sing tans in Hartenbos se kerkkoor. Elke jaar met die kerkbasaar bak sy talryke vlakoeke. Sy is kunstig met die naald en maak die wonderliks­te lapspeelgo­ed. Elke jaar tydens die Kersmark is haar skeppings sommer vinnig uitverkoop.

So wat wag nou vir “Tannie Bessie”? Hopelik ‘n bietjie meer tyd om te stap, om te lees. Hopelik ’n bietjie meer tyd saam met Peet.

"Wees verseker dat ons jou nie maklik gaan vergeet nie, Bessie. Jy is die vrou waarvan in Spreuke geskryf word, ’n vrou vêr bo korale. Mag jou toekoms geseënd wees met goeie gesondheid, vreugde, mooi musiek en nog baie gesonde kilometers op die lewenspad," word sy deur die gemeente gegroet.

Vir baie kleingoed was Tannie Bessie hulle eerste ‘Sondagskoo­ltannie’ by die Borrelklub.

 ??  ?? Bessie Badenhorst getrou op haar pos.
Bessie Badenhorst getrou op haar pos.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa