Mossel Bay Advertiser

Mosselbaai se versteekte paradys

-

Die bekende Twee Kuilen-ontwikkeli­ng in Mosselbaai vier vanjaar sy 20ste bestaansja­ar en die geleenthei­d is onlangs tydens ‘n gesellige ete gevier.

Volgens ou foto's wat ontvang is, het Twee Kuilen die afgelope 20 jaar ‘n algehele gedaanteve­rwisseling ondergaan. Aanvanklik was daar net sand en geen bome nie behalwe vir ‘n paar Port Jackson-bosse. Vandag is daar pragtige tuine en groot bome en die inwoners beweer trots dat hulle “kamp” die boomrykste in Mosselbaai is.

Daar is baie interessan­te vertelling­s aangaande insidente wat oor die jare in Twee Kuilen afgespeel het.

Gerrie en Helene van

Jaarsveld was in groot moeilikhei­d toe hulle ‘n stootskrap­er gehuur het om ‘n sandduin te verskuif sodat hulle die see kon sien. Die vrou van die destydse Fauna en Flora, wou hulle net hof toe vat, maar die kwessie is gelukkig vreedsaam opgelos en vandag spog die Van Jaarsvelds met ‘n see-uitsig. Hul eenvertrek­huisie wat hulle in 1998 laat bou het, is vandag ‘n pragtige vierslaapk­amerwoning.

Wouter en Andra

Oosthuizen se dogter Paula, is in 2002 op die perseel getroud en die onthaal is deur Denise van der Walt, ook ‘n inwoner, hanteer. In 2010 het Wikkie Vermeulen ‘n kastrol olie op die stoof aan vergeet en het Twee Kuilen ook sy eerste “brand” gehad. Die vuur is egter vinnig geblus en die skade was minimaal behalwe vir die trauma wat deur al die inwoners ervaar is.

Groot voorreg

Wat opgeval het tydens die gesellighe­id is dat almal gepraat het oor die groot voorreg om in Twee Kuilen te kan woon. Woorde soos lekker, pragtig en feestelik is gereeld gehoor. Die inwoners praat ook met liefde van hulle “kamp”. Geen wonder dan ook dat daar nie net mense hier woon nie. Tarre is ‘n tarentaalm­annetjie wat al die afgelope vyf jaar ook ‘n “inwoner” is en hy het al menige klein tarentaalt­jies help groot maak. Daar word gereeld ‘n bosbokkie gesien en muishonde is geen vreemde gesig nie. Wanneer die inwoners eers oor “hulle” skilpaaie begin praat, verhelder die gesigte dadelik.

Die ryk voëllewe is natuurlik ook wyd bekend en daar is al meer as 50 voëlspesie­s hier aangeteken. Straatname soos Blouvalk en Bleshoende­r vereer dan ook die ryk voëllewe.

Die oorspronkl­ike beplanning was eintlik dat Twee Kuilen ‘n marinaontw­ikkeling sou wees met waterweë tussen die huisies, maar die kompleks is uiteindeli­k nooit so ontwikkel nie. Vandag geniet die inwoners egter die boomryke strate waar hulle in veiligheid kan stap en die wandelpad na die klein strandmeer, is vir baie ‘n daaglikse uitstappie.

Knus halfpad tusssen Mosselbaai en Hartenbos geleë, is inkopiesen­trums ook maklik bereikbaar. Die 230 eenhede wat 20 jaar gelede as eenvertrek, badkamer en kombuis gekoop is vir R69 000 se waarde en groottes het in sommige gevalle vervierdub­bel en daar is onlangs eenhede vir R2.2 miljoen verkoop.

Doons en Melanie Botha is reeds die afgelope vyf jaar die oordbestuu­rders en dit is duidelik dat daar baie omgee en samewerkin­g onder die inwoners is en almal is dit eens dat Twee Kuilen Mosselbaai se eie versteekte paradys is.

 ??  ?? Knus halfpad tusssen Mosselbaai en Hartenbos geleë, is inkopiesen­trums ook maklik bereikbaar.
Knus halfpad tusssen Mosselbaai en Hartenbos geleë, is inkopiesen­trums ook maklik bereikbaar.
 ??  ?? Daar is gesellig gekuier tydens die 20ste bestaansja­ar vieringe van Twee Kuilen.
Daar is gesellig gekuier tydens die 20ste bestaansja­ar vieringe van Twee Kuilen.
 ??  ?? Die wandelpad na die klein strandmeer, is vir baie ‘n daaglikse uitstappie.
Die wandelpad na die klein strandmeer, is vir baie ‘n daaglikse uitstappie.
 ??  ?? Inwoners van Twee Kuilen tydens die onlangse vieringe van die ontwikkeli­ng se 20ste bestaansja­ar. Links agter staan Doons Botha, oordbestuu­rder.
Inwoners van Twee Kuilen tydens die onlangse vieringe van die ontwikkeli­ng se 20ste bestaansja­ar. Links agter staan Doons Botha, oordbestuu­rder.
 ??  ?? Twee Kuilen spog ook met ‘n speelpark.
Twee Kuilen spog ook met ‘n speelpark.
 ??  ??
 ??  ?? Die ryk voëllewe is natuurlik ook wyd bekend en daar is al meer as 50 voëlspesie­s hier aangeteken.
Die ryk voëllewe is natuurlik ook wyd bekend en daar is al meer as 50 voëlspesie­s hier aangeteken.
 ??  ?? Twee Kuilen het die afgelope 20 jaar ‘n algehele gedaante verwisseli­ng ondergaan.
Twee Kuilen het die afgelope 20 jaar ‘n algehele gedaante verwisseli­ng ondergaan.
 ??  ?? Van die pragtige huise in Twee Kuilen.
Van die pragtige huise in Twee Kuilen.
 ??  ?? Die inwoners praat ook met liefde van hulle “kamp”.
Die inwoners praat ook met liefde van hulle “kamp”.
 ??  ?? ‘n Skouhuis in 1997.
‘n Skouhuis in 1997.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa