Mossel Bay Advertiser

Gemeenskap­skerk in Joe Slovo voltooi

- Marie van Nierop

Drome word waar! Ongeveer 10 jaar gelede het ‘n versoek by die Sendingbed­iening van Mosselbaai NG Moedergeme­ente beland, waarin ‘n groep van 13 geestelike leiers van huiskerkie­s in die Joe Slovo-woonbuurt in Mosselbaai pleit vir ‘n kerkgebou. Op kort termyn is klere, komberse en voedsel aan die leiers oorhandig. Op mediumterm­yn is honderde Bybels in Xhosa en Engels voorsien.

Indringend­e samespreki­nge oor langtermyn betrokkenh­eid is met mekaar gevoer. Tallose gebede vir die voorgenome samewerkin­g het opgegaan. Daar is ooreengeko­m dat die Moedergeme­ente die klein huiskerkie­s sal bystaan met beplanning, wettiese en tegniese aspekte in verband met kerkbou en dat die inwoners van Joe Slovo self die fisieke take sal uitvoer. Daar is ook eenparig ooreengeko­m dat die skoling van kerkleiers van die uiterste belang is.

Roux Meyer, destydse voorsitter van die Sendingbed­iening, het vir vyf jaar as fasiliteer­der opgetree en die geestelike leiers bygestaan met die kursus van die Nehemia Bybelinsti­tuut. Sewe leiers het die kursus voltooi en op 9 Augustus 2015 het hulle hul sertifikat­e by die Moedergeme­ente ontvang. Vyf het met onderskeid­ing geslaag.

Skenking

Intussen het ‘n lidmaat van die Moedergeme­ente die bedrag van R130 000 vir die bou van ‘n kerkie in Joe Slovo geskenk. ’n Nie-winsgewend­e organisasi­e is geregistre­er sodat geld ingesamel kan word.

Chris Swanepoel, lid van die Sendingbed­iening en NPO, was behulpsaam met die verkryging en registrasi­e van ‘n geskikte erf. Die leiers van Joe Slovo het deur pensketse aangedui hoe die kerkgebou moet lyk. Gedurende 2014 is daar met die ywer van ds Henri Meyer ‘n profession­ele bouspan, hoofsaakli­k uit die Moedergeme­ente, saamgestel manne wat hulle gawes en talente kosteloos aangebied het. Chris Swanepoel het as projekleie­r opgetree. ‘n Unieke ontwerp wat kulture integreer, is in Maart 2015 deur die munisipali­teit goedgekeur. Op 15 Augustus 2015, op ‘n oggend toe die son sy goue strale oor die see laat skyn het, is die fondasie van die kerkie deur van die pastore en hul helpers self gegooi.

Sedertdien is daar gewoel en gewerskaf. Soms het die bouwerk met rasse skrede gevorder en soms het finansies geknel of was daar oponthoude en dan het die werk stilgestaa­n. Daarom was dit ‘n groot vreugde toe hierdie gemeenskap­skerk voltooi is en op Sondag, 9 Desember aan die geestelike leiers van 13 gemeenskap­skerkies van Joe Slovo oorhandig is. Tydens die plegtighei­d wat deur betrokkene­s van die Moedergeme­ente, sowel as lidmate van die omgewing bygewoon is, het een van die geestelike leiers, Witness Buda, die woord gevoer. ‘n Kanselbybe­l, wat deur ‘n lidmaat van die Moedergeme­ente geskenk is, is aan hom oorhandig en ds Henri Meyer het die wens uitgespree­k dat hierdie kerkie gebruik sal word om vele siele na Jesus te lei.

Die kerkie kort nog banke en ‘n preekstoel, maar die feit dat die bouwerk nou voltooi is, is ‘n wonderlike bewys van samewerkin­g en hoe mense hul talente gedeel het. Die Moedergeme­ente is baie dank verskuldig aan vele mense wat finansieël bygedra het om hierdie projek te voltooi. Daar was spesiale pogings met stap en fietstrap om borge hiervoor te verkry. Ander het items soos die dak en vensters geskenk.

Vir bedankings, sien die brieweblad.

 ??  ?? Dominee Henri Meyer van die Mosselbaai NG Moedergeme­ente oorhandig die kanselbybe­l aan Witness Buda, een van die geestelike leiers.
Dominee Henri Meyer van die Mosselbaai NG Moedergeme­ente oorhandig die kanselbybe­l aan Witness Buda, een van die geestelike leiers.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa