Mossel Bay Advertiser

Kinders hou plesierige Kersfees

-

Om die skitterend­e oë van kinders te sien gedurende die Kerstyd, is vir baie mense 'n onmisbare deel van die Kersfeesge­voel. Verlede Saterdag, het Solidarite­it Helpende Hand seker gemaak dat 'n klomp Mosselbaai­se kinders 'n Kersfees duisend beleef. Sewentig kinders het die Kerspartyt­jie by Mooiste Jy, 'n venue in Marsh Straat bygewoon.

"Ons sê baie dankie vir ons gemeenskap se oop hand. Sonder julle hulp kon ons nie hierdie kinders se Kerswense waar maak nie," berig Marlise Labuscagne, voorsitter van Solidarite­it Helpende Hand, Mosselbaai.

"Ons fokus is op die kinders in 'n mate behoeftig is as gevolg van verskillen­de omstandigh­ede, veral as hierdie omstandigh­ede hulle verhoed om 'n Kersfeesvi­ering saam met familie en vriende te kan hou nie. Ons reik uit na kinders wat nie 'n Kerswens kan verwag nie, hoe klein ook al."

 ??  ?? ‘n Fiets bring kennelik groot vreugde.
‘n Fiets bring kennelik groot vreugde.
 ??  ?? Drukkies vir Kersvader.
Drukkies vir Kersvader.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa