Sluit aan by Helpende Hand
Solidariteit Helpende Hand Mosselbaai bestaan uit 'n span omgeemense wat deur praktiese en volhoubare projekte opheffing deur opleiding verseker. Helpende Hand skep hoop deur "doenprojekte" wat fokus op hulpverlening aan kleuters, jongmense, werkloses en bejaardes.
"Gewone mense soos ek en jy is die hartklop van ons organisasie en dit sit hoop in aksie. Ons het jou hulp broodnodig, in ons gemeenskap, deur aan te sluit as 'n ondersteuners teen slegs R50 per maand. En as vrywilliger wanneer ons met hart projekte het in ons gemeenskap besig is. Kontak ons (082 950 0152) sou jy deel wil wees van ons dinamiese span," sê Marlise Labuschagne, voorsitter Mosselbaai, SuidKaap Solidariteit Helpende Hand.