Mossel Bay Advertiser

Help polisie om haweloses te help

- Nickey le Roux

Die sanggroep For Him ondersteun die Omgee Rehab NPO (193-670) wat hierdie Kerstyd uitreik uit na die 85 haweloses wat in die Haven-nagskuilin­g op Mosselbaai tuis is.

Van die grootste behoefte wat die bestuur van die Haven geopper het, is skoene vir beide die mans en vroue wat 'n tydelike heenkome daar vind.

Die haweloses is uitgelewer aan die vrygewighe­id en ruimhartig­heid van die gemeenskap, veral oor die feestyd.

Enige bruikbare skoene, oud of nuut en veral in die volgende groottes, sal veral waardeer word.

Vrouegroot­te 3 (2 paar), 4 (1), 5 (4), 6 (8), 7 (2) en 8 (1)

Vir mans, word gesoek na grootte 5 (3 paar), 6 (8), 7 (14), 8 (14), 9 (14), 10 (10), 11 (4) en 12 (4).

Enige donasies kan by die Havennagsk­uiling in die middedorp afgegee word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa