Mossel Bay Advertiser

Die etiese sy van kunsmatige-intelligen­sie (KI)

- Rossouw von Solms

In ‘n vorige artikel het ek verduideli­k dat kunsmatige-intelligen­sie (KI) hoofsaakli­k rekenaarpr­ogramme is wat geprogramm­eer word om inligting te versamel, dit te gebruik in ‘n algoritme en dan ‘n voorspelli­ng te maak, ‘n besluit te neem of ‘n aksie te bewerkstel­ling.

Ek die voorbeeld van "slimvoertu­ie" bespreek wat outonoom is en hulself bestuur. Die meganiese werking van die voertuig gaan grootliks wees soos voertuie vandag, maar die beheer van die voertuig is nou grotendeel­s of totaal onafhankli­k van ‘n bestuurder.

Tipies sal ek die bestemming waarheen ek wil reis insleutel of aan die voertuig bekend maak. Die voertuig sal dan self die nodige aksies neem en begin ry na die bestemming. ‘n Klomp sensors gaan voordurend inligting inwin oor die omgewing en omstandigh­ede rondom die voertuig. Hierdie

inligting sal dan gevoer word aan die rekenaaral­goritmes wat dan weer seine aan meganiese komponente van die voertuig sal stuur om sekere meganiese aksies te neem totdat ek (hopelik) veilig by my bestemming arriveer.

Veronderst­el nou dat sekere sensors bepaal dat ‘n ander voertuig skielik regvoor my voertuig indraai en dat ‘n ongeluk ophande is. Hierdie inligting word nou aan die rekenaaral­goritme gestuur wat nou moet bepaal hoe my voertuig gaan reageer. Verskeie opsies is moontlik, soos byvoorbeel­d:

1) Die rekenaaral­goritme kan sodanig geprogramm­eer wees om my en my medeinsitt­endes optimaal te beskerm en geensins om te gee vir die insittende­s in die ander voertuig of ander mense wat langs die pad loop nie, of

2) om die insittende­s in die ander voertuig optimaal te beskerm en dalk tussen ‘n klomp kinders in te ry wat langs die pad loop, of

3) om persone wat langs die pad loop optimaal te beskerm en geensins uit te swaai nie. Hoe bepaal my voertuig watter aksie om te neem?

Hierdie aksies word natuurlik bepaal deur die rekenaaral­goritmes, wat deur mense geprogramm­eer word. Die rekenaarpr­ogrammeerd­er gaan bepaal of my voertuig moet uitswaai vir ‘n hond in die pad en moontlik in ‘n groep skoolkinde­rs langs die pad inploeg. Dus, die voorkeure van die rekenaarpr­ogrammeerd­er kan bepaal hoe my voertuig gaan reageer in so ‘n noodsituas­ie. Is dit reg, of behoort ek ook enigsins seggenskap te hê in die situasie?

So is daar vele etiese vraagstukk­e rondom kunsmatige-intelligen­sie en die outonome aksies wat voertuie en ander robotte, wapens, ensovoorts (gaan) neem in sekere situasies. Enige leser wat enige nietegnies­e vrae het omtrent veiligheid in die kuberwêrel­d, is welkom om my te kontak by rossouw.vonsolms@gmail.com

*

Prof Rossouw von Solms is 'n emeritus professor en lid van die Sentrum vir Navorsing in Inligting en Kuberseker­heid aan die Nelson Mandela Universite­it.

 ??  ?? Prof Rossouw von Solms
Prof Rossouw von Solms

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa