Mossel Bay Advertiser

Ontstig oor voorgestel­de opgraderin­g van Beyersstra­at

-

Larry Daguiar, skryf:

Die huiseienaa­rs van Beyersstra­at, Klein Brakrivier, is hewig ontsteld oor die hardkoppig­e planne wat die Mosselbaai­munisipali­teit het om die straat teen miljoene rand te herontwikk­el terwyl daar geen nodigheid daarvoor is nie. Meeste van die 18 eiendomme is sedert 1923 in dieselfde families se besit. Hulle voel dat die geld, wat glo brand om uitgegee te word, elders meer nodig is. Breedvoeri­ge inligting is beskikbaar by Larry Daguiar (larraydags@gmail.com) Kommentaar:

Die Munisipali­teit beplan dringende onderhoud werk op Beyerstraa­t, ‘n openbare straat. Deel van die beplande onderhoudw­erk is die moontlike aanbring van ‘n loopstrook aan die suidekant van die pad, ter wille van veilige voetganger­verkeer, asook moontlike parkeerfas­iliteite aan die noordekant van die straat. ‘n Omvattende openbare deelname proses word gevolg om die algemene publiek, sowel as die aangrensen­de eienaars se insette te bekom.

Daar was wel ‘n opedag op 28 November waartydens inwoners meer inligting kon bekom en insette kon lewer. Die publiek word versoek om alle kommentaar voor of op 11 Januarie aan Louis-Marie van Zyl by Cape EAPrac 8 te stuur by louise@ cape-eaprac.co.za. Sodra die deelnamepr­oses afgehandel is, sal die munisipali­teit ‘n besluit neem oor die tipe werk wat gedoen gaan word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa