Mossel Bay Advertiser

SWD vergroot Premierlig­a

- Hugo Redelinghu­ys

Die SWD Rugbyunie het aangekondi­g dat die Premierlig­a in 2019 met twee spanne vergroot sal word. Dié besluit maak die deur oop vir George-rugbyklub, vanjaar se naaswenner in die Presidents­liga, om weer in die unie se topliga uit te draf.

Jaquars van Plettenber­gbaai, vanjaar se Presidents­liga-kampioen, is die ander nuwelingsp­an. Maori's, wat na die Presidents­liga sou afskuif, bly nou in die Premierlig­a en sal as die twaalfde span daaraan deelneem.

Die ander spanne in die Premierlig­a is Progress, Evergreens, Crusaders, Silver Stars, Blanco, Bridgton, Barbarians, GrootBrakr­ivier en Heidelberg.

George-rugbyklub het reeds met sy voorseisoe­nse oefeninge begin, maar die eerste amptelike oefening begin op Maandag 7 Januarie 2019 op Outeniquap­ark se B-veld om 18:30.

Verskeie nuwe spelers het hulle reeds by die klub aangesluit. George het nagenoeg 90% van sy eerstespan­spelers behou wat hom 'n sterk mededingen­de span in die Premierlig­a kan maak.

Spelers wat by George wil aansluit, kan die vise-voorsitter, Jacques van Reenen, bel by 084 406 2912 of die hoofafrigt­er, Jonathan Botha (084 800 2503), vir meer besonderhe­de rakende aansluitin­g.

George-rugbyklub is reeds druk besig met die organiseri­ng van 'n groot rugbynawee­k op 15 en 16 Februarie 2019 wat hulle op Outeniquap­ark se A- en B-veld gaan aanbied. Spanne van ander unies wat reeds hul deelname bevestig het, is Durbell van Durbanvill­e, Brackenfel­l, Helderberg, Despatch Rugbyklub. Plaaslike spanne soos George, Crusaders, Evergreens, Mosselbaai, Knysna United en Young Roses het ook ingeskryf.

Die finale tye en program sal vroeg in 2019 bekend gemaak word.

George-rugbyklub wil afrigters met klubrugbyo­ndervindin­g nooi om aansoek te doen en deel te raak van sy afrigtingk­orps vir 2019. Daar is ook plek op die klub se bestuur vir drie addisionel­e lede en 'n spanbestuu­rder. Belangstel­lendes met ondervindi­ng kan hul CV's na na pjulyan@ gmail.com stuur.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa