Mossel Bay Advertiser

Moordkuil-wedloop begin vanjaar vroeër op Friemershe­im

-

Die pragtige en gewilde 15km Moordkuil in Friemershe­im vind vanjaar op Saterdag, 22 Desember om 07:00 en nie om 08:00 plaas. Aanlyn-inskrywing­s sluit op 17 Desember en inskrywing­sgeld beloop R90 vir die 15km.

Laat inskrywing beloop R110 en tydelike lisensies kos R35.

Almal wat die wedloop voltooi ontvang 'n gelinte volkleur 60mm-medalje.

Die 4km-pretdraf begin om 07:30 en die koste beloop R30. Vir voltooiers van die pretdraf is daar 'n nuwe reeks gekleurde medaljes wat ook by al Hartenbos Drawwers se wedlope bymekaarge­maak kan word.

Nico Dippenaar van Total Groot Brak is reeds sedert 2008 die borg van hierdie pragtige en gewilde boswedloop. Inskrywing­svorms is reeds by die Totalvulst­asie op Groot Brak verkrygbaa­r.

Inskrywing­s kan ook op Vrydagmidd­ag, 21 Desember vanaf 18:00 tot 19:00 by die Total-vulstasie op Groot Brak gedoen word en die Saterdagog­gend vanaf 05:30 op Friemershe­im.

Goue medaljes vir al die kategoriew­enners is op die spel en silwer vir die eerste 50 mans en eerste 50 vroue.

Die daarop volgende 200 deelnemers ontvang brons.

Prysgeld van R5 000 vir al die kategoriëe is ook op spel.

Die wegspringp­unt van wedloop is by die VGK-gemeentesa­al in Friemershe­im.

Heerlike roosterkoe­k met wors met konfyt of kaas, lewerkoeki­es en pannekoek sal te koop aangebied word.

Vir meer inligting kontak Carel (062 299 3304) of Kleintjie (072 877 4121).

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa