Mossel Bay Advertiser

Bestmed Eden-straatmylr­eeks gaan sorg vir vuurwerke

- Hugo Redelinghu­ys

Met prysgeld van R100 000 op die spel en van Suid-Afrika se beste mylatlete wat gaan deelneem, kan vuurwerke dié Desember met die Bestmed Edenstraat­mylreeks verwag word.

Vakansiega­ngers, plaaslike inwoners en toeskouers kan hul regmaak vir 'n sportfeesm­aal soos min.

Bestmed, een van Suid-Afrika se leidende mediese hulpskemas, tree weer vanjaar as die anker- en naamborg vir dié gewilde vakansiere­eks op.

Die eerste been van die reeks word op 17 Desember in Baron van Reedestraa­t in Oudtshoorn aangebied en staan bekend as die Bestmed Klein Karoo-straatmyl. Die tweede been vind op die NMU George-kampus (ou Saasveld-kollege) op Woensdag 19 Desember plaas en staan bekend as die Bestmed Madibazstr­aatmyl.

Verskeie universite­ite se topatlete en van die SWD se bestes, soos Lloyd Bosman, Godwin Heyns, Dullen Solomons en Tonya Schoeman, sal ook in aksie wees.

Die fietsry-kermesse by die NMU Georgekamp­us, wat verlede jaar as gevolg van slegte weers afgestel moes word, is weer op die program vir 2018. Bestmed bied ook verskeie aktivering­sprogramme op van die Suid-Kaapse strande aan: 15 Desember op Oubaai en 20 Desember op Hartenbos.

Fietsry en voetslaan

Vanjaar word ook bergfiets (MTB Eliminator) en voetslaans­taptogte (hiking) op die NMU-program aangebied. Dit word weer onder die beskerming van die KKAF en in vennootska­p met ASWD, Eden Fietsry, NMU, die Wes-Kaapse departemen­t van kultuursak­e en sport, Kovsies en die ATKV aangebied. Die atletiekst­raatmyle word in die volgende kategorië aangebied: sub-juniors (9-13 jr), juniors (14-19 jr), Elite/Open (20-39 jr) en 40+.

Daar is ook vanjaar weer pryse vir die eerste Eden/SWD-atlete oor die wenstreep.

Die fietsry-mylren op Oudtshoorn asook die kermesse by NMU se kategorië is: subjuniors (o/9, o/11 en o/13); juniors (o/15 en o/17) Elite (o/19, o/23), veterane (-34) en veterane (35- 49, vet 50+).

Corne Bence, voorsitter van Eden-fietsry, is opgewonde oor die groep topfietsry­ers wat weer gaan deelneem. Onder hulle is die Protea-ryers Yolande de Villiers, Benino Hans, Anriette Schoeman, Louis Visser, Marcal Hendricks, Ivan Carstens, Theuns van der Bank.

Inskrywing­s kan aanlyn gedoen word by www.edenmiles.co.za. Alle reëlings rondom die byeenkomst­e en verblyf kan ook op dié webtuiste gevind word.

Vir enige navrae kan kontak die organiseer­ders deur www.edenmiles.co.za of bel Hans van der Veen 083 462 0477 of Dave van der Walt 082 7734 901.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa