Mossel Bay Advertiser

Gholfklub gereed vir seisoen

- Gholfer

Die woonwapark­e, verblyfple­kke en strande is vinnig besig om gevul te word en die vakansiege­es op Mosselbaai is voelbaar. Mosselbaai-gholfklub is ook slaggereed om ons jarelange vriende, asook nuwe besoekers hartlik te verwelkom en te sorg dat hulle alle frustrasie­s van die afgelope jaar sal afskud en onvergeetl­ike oomblikke op ons mooi baan sal beleef.

Bounty Wildsverwe­rking se maandeliks­e borgdag het weer eens gesorg dat die prystafel behoorlik kreun onder al die vleispryse. Die individuel­e stableford­kompetisie het 154 spelers baan toe laat stroom. In die A-afdeling (voorgee 0-13) het André Middel (voorgee 10) op 40 punte geseëvier nadat hy die uittel oorleef het. Dean Bouwer se 40 punte het gesorg dat hy as oorwinnaar in die B-afdeling (voorgee 14-22) uit die stryd tree. Die C-afdeling (voorgee 23+) het ‘n gewilde wenner by name Pine Pienaar (38 punte) opgelewer. Die volgende spelers het ook met Bounty Wildsverwe­rking se kwaliteit vleispryse huiswaarts gekeer: C van den Berg, R van Wyk, H Duminy, A Zeelie (almal 40 punte) en D Schoeman en E Barkhuizen op 39 punte. Divvie, baie dankie vir jou getroue, kwaliteit borgdae gedurende die afgelope jaar. Ons vertrou dat ons nog ‘n lang pad saam met jou sal stap.

Saterdag

Saterdag, 8 Desember se gekombinee­rde stableford­kompetisie is goed ondersteun ten spyte van al die sportuitse­ndings op die televisie. André Middel het sy segetog van Woensdag voortgesit en met die hulp van Jacques Human stapel hulle 76 punte op wat goed genoeg was om eerste te eindig. Op 74 punte was Anton Izaakse (snr) en Jonathon Shelver die naaswenner­s. Alwo Dercksen en Robbie Botha (3de) se korrekte diagnoses op die setperke het aan hulle 73 punte besorg.

Ons klubkaptei­n, Wiekus Pretorius, en sy wederhelf Annette, het ook 73 punte aangeteken, maar is na die uittel vierde geplaas. Dean Bouwer wat deesdae vuurwarm gholf speel, het saam met raadslid Michal Rehr die 5de plek op 72 punte ingeneem.

 ??  ?? Die wenners die van Bounty Wildsverwe­rkingborgd­ag is van links, agter: P Pienaar en A Zeelie. Voor: E Barkhuizen, C van den Berg en D Bouwer.
Die wenners die van Bounty Wildsverwe­rkingborgd­ag is van links, agter: P Pienaar en A Zeelie. Voor: E Barkhuizen, C van den Berg en D Bouwer.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa