Mossel Bay Advertiser

Mosselbaai Toyota borg al 24 jaar

- Marius Loubser

Mosselbaai Toyota stap al ’n lang pad saam met die Boggomsbaa­i-gholfklub. Toe die gholfklub in 1984 sy beslag gekry het, was Mosselbaai Toyota sy eerste borg en het sederdien getrou aan sy sy gebly vir 34 jaar. Vir die Boggomsbaa­ispelers is dit ’n ongeloofli­ke eer dat Suid-Afrika se voorkeur motorversk­affer so ’n lang pad saam met hulle gestap het. Baie dankie aan Stefan Janse van Vuuren, sy pa, Fanie, en sy huidige verkoopsbe­stuurder, Gawie Maritz, vir die wonderlike ondersteun­ing deur al die jare. Ons is julle ewig dankbaar.

Verlede Saterdag, 8 Desember, was dit dan die Mosselbaai Toyota-borgdag op Boggomsbaa­i. Een van Gawie Maritz se verkoopsma­nne, Johan Winterbach, het saam kom speel en sommer uit die staanspoor gewys dat hy ’n lekker gholfer is. Hy sê hy het drie jaar laas gespeel, maar vir hom is

gholfspeel definitief soos fietsry - as jy eers bo gebly het, kan jy.

Oudergewoo­nte het hulle van hul voorste produkte kom uitstal en die manne was behoorlik watertand oor die mooi voertuie. Baie dankie ook aan Stuart Atkinson, Johan en Gawie wat die moeite gedoen het om die dag hier deur te bring.

In die IPS-kompetisie het die volgende spelers die beste gevaar:

1. Ernest Roux 38, 2. Marius Loubser 38,

3. Pienie Pienaar 36, 4. André Beukes 36, 5. John van Rensburg 35, 6. Willie van Wyk 32 en 7. Gert Opperman 32. Naaste aan die penne was Malan Cronjé op 6/15 en Fanie Wessels op 9/18.

Borgdae

Eerskomend­e Saterdag, 15 Desember, bied Prima Part van Mosselbaai ’n beterbalko­mpetisie aan op Boggomsbaa­i en op Woensdag, 19 Desember is daar ’n Moerse Lekker-gholfdag, ’n IPS aangebied deur Julyan Bruyns, ook op Boggoms. Op Saterdag, 22 Desember, bied Buffelsdri­ft Game Lodge ook hul jaarlikse borgdag op Boggoms aan. Die formaat is ook ’n IPS. Amal is welkom om te kom meedoen.

Kontak vir André Beukes by 082 460 0503 om in te skryf en of navraag te doen.

 ??  ?? Wenners van die Mosselbaai Toyota-borgdag is John van Rensburg, Ernest Roux, Pienie Pienaar, André Beukes, Johan Winterbach (borg), Marius Loubser, Stuart Atkinson (borg) en Gawie Maritz (verkoopsbe­stuurder Toyota).
Wenners van die Mosselbaai Toyota-borgdag is John van Rensburg, Ernest Roux, Pienie Pienaar, André Beukes, Johan Winterbach (borg), Marius Loubser, Stuart Atkinson (borg) en Gawie Maritz (verkoopsbe­stuurder Toyota).

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa