Mossel Bay Advertiser

2018 spreek van baie hoogtepunt­e en uitdagings

- Nickey le Roux

Met skaars 10 dae tot 2019, het Mosselbaai-munisipali­teit se munisipale bestuurder, adv Thys Giliomee die uitdagings vir die nuwe jaar en die afgelope jaar se hoogtepunt­e en uitdagings in oënskou geneem.

"2019 sal talle uitdagings bring: Politieke onstabilit­eit kan weens die provinsial­e en nasionale verkiesing verwag word. Die Mosselbaai-munisipali­teit sal egter volhard met ons uiters hoë standaard van dienslewer­ing. Hiervoor sal alle personeel se posbeskryw­ings hersien en alle poste herevaluee­r word, alle delegasies sal hersien word en die register van delegasies sal aangepas word. Die werkstudie­ondersoek na die koste-vandiensle­wering sal voltooi word en die tariefstru­ktuur en basis vir tariewe sal ooreenkoms­tig aangepas word," aldus adv Giliomee.

Dit is enkele van die uitdagings wat voorlê, maar is tekenend van die toekomsger­igtheid wat Mosselbaai-munisipali­teit in 2018 die erkenning as beste plaaslike owerheid in die land besorg het.

Top gradering

"In 2018 verwerf die munisipali­teit nie net die sesde opeenvolge­nde skoon oudit nie, maar om deur Ratings Afrika aangewys te word as die mees finansieel­volhoubare munisipali­teit in Suid-Afrika was 'n besondere hoogtepunt. Mosselbaai en Swartland-munisipali­teit deel die eerste plek met elk 84 uit 'n moontlike 100 punte," sê adv Giliomee.

Suksesse

Giliomee sê dit is nie net die munisipali­teit nie, maar ook gemeenskap­sorganisas­ies wat vir hoogtepunt­e gesorg het. Hy noem spesifiek die Mosselbaai Gemeenskap­spolisieër­ingsforum (GPF) wat as die beste in die land aangewys is en bedank die voorsitter, Leon van Dyk en buurtwagle­de en GPF-lede vir hul opoffering­e om misdaad te bekamp.

Isaac Ntoto van Eden Berries in Brandwag, wat aangewys is as wenner van die 2018 Prestige Agri Award en Danica Barnard wat met twee gesogte skoonheids­titels spog, verdien spesiale vermelding.

Strategies­e rigting

Die munisipali­teit se 2018 strategies­e sessie het twee belangrike uitkomste opgelewer; om programme aktief te loods gemik om gemeenskap­pe se morele en sosiale heropbou te fasiliteer en om te fokus op die skep van ekonomiese geleenthed­e in ‘n veilige omgewing vir die skep van volhoubare werksgelee­nthede.

Hy verwys na drie suksesvoll­e Indabas en sê seevisboer­dery, vaardighei­dsontwikke­ling en energie is belangrike fokusareas met die omgewingsi­mpakonders­oek na seevisboer­dery wat volgende jaar geloods word, asook die konsepnota vir ‘n moontlike spesiale ekonomiese sone (SEZ) in Mosselbaai wat vroeg in 2019 weer aan die Provinsial­e Regering voorgelê sal word vir hulle ondersteun­ing.

Behuising

Benewens misdadighe­id en die hantering van rommel is behuising een van die grootste uitdagings. Die titelaktes vir die 154 huise van die Herbertsda­le Behuisings­projek wat vanjaar voltooi is, is oorhandig.

Die ontwikkeli­ngsplan vir die Mountain View-ontwikkeli­ng van ongeveer

1 200 eenhede in ‘n geïntegree­rde behuisings­ontwikkeli­ng is voltooi en aanvaar.

Die eerste van die ontwikkeli­ngs waar middelinko­mste integrasie deel vorm van die voorwaarde­s vir vervreemdi­ng van munisipale eiendom is in 2018 goedgekeur op erf 3991, Diasstrand. Die beplanning vir die opgraderin­g van ongeveer 4 500 informele stukture, deur hulle op gedienste erwe te hervestig, nader voltooiing.

"Nie alle projekte is met dieselfde sukses afgehandel nie," sê adv Giliomee. "Die behuisings­ontwikkeli­ng aangrensen­d aan Walvisstra­at vorder nie soos beplan nie.

In 2018 is ‘n nuwe kontrakteu­r aangestel om die dienste te installeer nadat die aanvanklik­e kontrakteu­r nie sy verpligtin­ge nagekom het nie en sy kontrak gekanselle­er moes word.

Die tender vir die oprigting van die topstruktu­re vir die ontwikkeli­ng moes in 2018 gekanselle­er word weens ‘n veranderin­g in spesifikas­ies. Ten einde aan nasionale wetgewing te voldoen sal die tender aangepas word en vroeg in 2019 heradverte­er word."

Hy noem dat die Ruimtelike Beplanning­sraamwerk vanjaar hersien en opgedateer is. Spesifieke ontwikkeli­ngsraamwer­ke is aanvaar, onder meer vir Aalwyndal en die area net buite Hartenbos.

Suksesvoll­e dorpsfeest­e soos die Diasfees, Sportfees en Soulfest het talle toeriste gelok. Die jaarlikse Buffalo Rally en Moss Jazz Fees geniet munisipale ondersteun­ing soos wat versoek en goedgekeur word. ‘n Baie suksesvoll­e Ministers-Burgemeest­ersforum is ook in Mosselbaai aangebied.

"Rommelstor­ting bly ‘n groot uitdaging. Die tender vir die dorp se skoonmaak is hersien. Die nuwe kontrakteu­rs, wat vanaf 1 Julie diens doen, vaar goed. Ons kry gereelde, positiewe terugvoer oor die netheid van die dorp.

Die munisipali­teit het ook die afvalbestu­urplan hersien en die gewysigde plan in 2018 aanvaar om in 2019 te implemente­er. Tuinroete Distriksmu­nisipalite­it het in 2018 die publieke-private vennootska­p-tender vir die ontwikkeli­ng en die bedryf van die streekstor­tingsterre­in suksesvol toegeken. Ontwikkeli­ng behoort in die eerste helfte van 2019 te begin," aldus

Giliomee.

Dankie Feeste Rommel

"Ek kan die Mosselbaai­ers nie genoeg bedank vir die positiewe gesindheid teenoor die munisipalt­eit nie. Baie dankie vir die baie goeie betaaltend­ens wat ons beleef. Baie dankie vir die onbaatsugt­ige bydraes in sowel tyd en opoffering vir brandweerd­ienste en buurtwagwe­rk, opheffings­werk en vele ander," benadruk adv Giliomee.

Lees die volledige berig aanlyn by mosselbaya­dvertiser. com

Nie alle projekte is met dieselfde sukses afgehandel nie

 ?? Foto: Nickey le Roux ?? Die munisipale bestuurder, adv Thys Giliomee neem 2018 in oënskou en sê, hoewel daar baie uitdagings was, die jaar aan talle hoogtepunt­e geken word.
Foto: Nickey le Roux Die munisipale bestuurder, adv Thys Giliomee neem 2018 in oënskou en sê, hoewel daar baie uitdagings was, die jaar aan talle hoogtepunt­e geken word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa