Bak­steen t­ref voer­tuig op N2

Mossel Bay Advertiser - - News -

Op Dins­dag, 18 De­sem­ber net na 20:00 is 'n vrou se mo­tor op die N2 deur 'n k­lip ge­tref. Die vrou en haar 11-ja­ri­ge kind was op die N2 in die rig­ting van Da­na­baai on­der­weg toe ie­mand langs die hoof­weg, dig­by die vark­plaas 'n bak­steen na haar voer­tuig ge­gooi het.

Die bak­steen het die voer­tuig net bo die lin­ker voor­ste pas­sa­siers­deur se ruit op die dak ge­tref. Was dit en­ke­le sen­ti­me­ter la­er, het die 11-ja­ri­ge pas­sa­sier waar­skyn­lik erns­ti­ge be­se­rings op­ge­doen. Vol­gens die vrou was die aan­val­ler 'n ste­wig-ge­bou­de man wat oop en bloot die bak­steen na haar voer­tuig ge­mik en ge­gooi het. By die K­waNon­qa­ba-po­li­sie is al­dus die woord­voer­der, sers Kapp t­wee voor­val­le van klip­gooi­e­ry aan­ge­meld, hoe­wel fo­to's van voor­val­le op so­si­a­le me­dia toon dat meer voor­val­le, wat waar­skyn­lik nie aan­ge­meld is nie, voor­ge­kom het. In­wo­ners word weer eens ge­waar­sku om ver­al na don­ker met die groot­ste om­sig­tig­heid op o­pen­ba­re paaie te be­weeg en liefs knel­pun­te, in­dien moont­lik te ver­my.

Die ska­de waar ‘n bak­steen ‘n vrou van Da­na­baai se voer­tuig ge­tref het, is dui­de­lik sig­baar.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.