Vier ver­krag­tings kort ná ak­ti­vis­me-veld­tog ein­dig

Mossel Bay Advertiser - - News - Chris­to Ver­maak

Met die 16 Dae van Ak­ti­vis­me veld­tog vir geen ge­weld teen vroue en kin­ders nog vars in die ge­heue, is t­wee vroue en t­wee min­der­ja­ri­ge kin­ders die af­ge­lo­pe na­week in die Mos­sel­baai-om­ge­wing ver­krag.

Die veld­tog was van Son­dag, 25 No­vem­ber tot Maan­dag, 10 De­sem­ber.

Die t­wee kin­ders wat die af­ge­lo­pe na­week ver­krag is, is on­der­skei­de­lik 13- en 15-jaar oud.

Sers So­re­tha van Zyl, on­der­soek­be­amp­te by die een­heid vir ge­sins­ge­weld, kin­der­be­sker­ming en sek­su­e­le mis­dry­we, sê, "in die eer­ste voor­val het 'n 13-ja­ri­ge dog­ter Vry­dag, 14 De­sem­ber om­streeks 11:00 op 'n plaas bui­te Groot Brak ver­by 'n an­der in­wo­ner van die plaas se huis ge­stap, toe die ver­dag­te haar na be­we­ring ge­gryp, aan haar ha­re in sy huis in­ge­sleep en ver­krag het." Die ver­dag­te is op die plaas in heg­te­nis ge­neem.

Sa­ter­dag­og­gend, 15 De­sem­ber om­streeks 02:45 het 'n 21-ja­ri­ge vrou saam met 'n vrien­din in S­to­fi­le­s­traat, K­waNon­qa­ba ge­stap toe sy deur 'n man oor­val is, met 'n bot­tel­nek ge­dreig is en by 'n vreem­de huis in­ge­dwing is.

Sy is toe na be­we­ring ver­krag, waar­na die ver­dag­te aan die slaap ge­raak het en die slag­of­fer kon ont­snap. Die ver­dag­te is op die to­neel in heg­te­nis ge­neem.

In nog 'n voor­val in Groot Brak het 'n 33-ja­ri­ge vrou Sa­ter­dag­nag by be­ken­des in 'n huis ge­slaap. Sy het om­streeks 03:00 wak­ker ge­skrik toe 'n man be­kend aan haar, haar pro­beer ver­krag het. Ook dié ver­dag­te is in heg­te­nis ge­neem.

Nog 'n min­der­ja­ri­ge kind (15) het 'n klag van ver­krag­ting en/of sek­su­e­le mo­les­te­ring aan­han­gig ge­maak toe sy ty­dens 'n par­ty­tjie na be­we­ring op 'n oop stuk grond in Mayixha­les­traat in K­waNon­qa­ba deur 'n on­be­ken­de man ge­dwing is om seks­da­de met hom te pleeg. Nie­mand is in die voor­val in heg­te­nis ge­neem nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.