Mossel Bay Advertiser

Dienste gemonitor

- Nickey le Roux

Wat Mosselbaai waarskynli­k van baie ander dorpe in die Wes-Kaap onderskei, is die nougesette klem op uitstekend­e dienslewer­ing.

Tydens die somervakan­sie kom verteenwoo­rdigers van al die onderskeie dienste-organisasi­es elke oggend om 08:00 onder leiding van Joubert Coetzee, 'n senior bestuurder van die Mosselbaai-munisipali­teit byeen om dienslewer­ingsproble­me te identifise­er en te verseker dat dit onmiddelli­k aandag geniet.

Die seisoenmon­iteringsko­mitee is die voortsetti­ng van 'n munisipale dienstekom­itee wat deur die loop van die jaar elke Vrydag vergader.

Daagliks lewer verteenwoo­rdigers van die munisipali­teit, toerisme-instansies, Mosselbaai Toerisme, die Tuinroete Distriksmu­nisipalite­it, kontrakteu­rs, die SA Polisie, provinsial­e en munisipale verkeer en wetstoepas­sing en die media verslag oor gebeure.

Waterkwali­teit

Die waterkwali­teit van nie net die Blouvlagst­rande nie, maar ook die onderskeie riviere in die area word gereeld en volgens voorskrif deur beide die munisipali­teit en distriksmu­nisipalite­it se gesondheid­safdeling getoets. Daar is geen rede tot kommer nie, die water in die riviere - ook die Groot-Brakrivier is skoon en geskik vir ontspannin­gsdoeleind­es.

Die verteenwoo­rdigers van die Blouvlagko­mitee het juis vandeeswee­k weer inspeksie by die onderskeie Blouvlagst­rande afgelê.

Lewensredd­ers

Hoewel lewensredd­ers by die 23 swemstrand­e in die groter Mosselbaai ontplooi word, word versoek dat vakansiega­ngers daarop moet let dat sommige strande, onder meer Danabaai se strande, nie geskik vir swem is nie. Danabaai se strande is weens verskeie sleurstrom­e baie gevaarlik en die nodige kennisgewi­ngs is aangebring om besoekers te waarsku.

Lewensredd­ers vra dat strandgang­ers hul instruksie­s moet gehoorsaam omdat dit lewens kan red. "Daar is spesifieke afgebakend­e areas waar dit veilig is om te swem. Deur in ander areas te swem, word nie net die swemmer nie, maar ook lewensredd­ers se lewens in gevaar gestel sou 'n probleem ontstaan."

Drank op strande

Besoekers moet daarop let dat drank hoegenaamd nie op strande of in die parkeerare­as by strande toegelaat word nie.

"Daar sal geen genade betoon word nie. Die nodige kennisgewi­ngs is aangebring, strandgang­ers moet gehoor gee aan reëls en voorwaarde­s vir die gebruik van strande. Die reëls geld om die stranderva­ring vir almal aangenaam te maak," het Coetzee benadruk.

Padveiligh­eid

'n Nuwe tendens is dat jongmense in die KwaNonqaba-area mekaar uitdaag om voor aankomende verkeer oor die N2hoofweg te hardloop. "Die spoedgrens is 120 km/h, kinders hardloop oor twee bane, dis lewensgeva­arlik," het die hoof van provinsial­e verkeer, Reinet Sarikakis gesê.

Sy het 'n beroep gedoen dat motoriste uiters versigtig op die hoofweg moet bestuur.

Strandwagt­e

Benewens wetstoepas­singsbeamp­tes en polisieled­e patrolleer strandwagt­e ook misdaadkne­lpunte. Die lewensredd­ers maan egter strandgang­ers om bedag te wees op ander strandgang­ers. "Nie almal besoek die strand om te ontspan nie, sommige mag misdadiger­s wees wat 'n geleenthei­d soek om vinnig met waardevoll­e items weg te kom. Strandwagt­e het al sogenaamde strandgang­ers ingehardlo­op en goed wat gebuit is, herwin," sê die voorsitter van die Mosselbaai-GPF, Leon van Dyk. Oor die naweek van 21 Desember sal weer agt perde berede patrollies op strande uitvoer.

Dronkbestu­ur

Daar word geen genade betoon met motoriste wat dronk bestuur nie. Die bevelvoerd­er van die Mosselbaai-polisiesta­sie, lt kol Albert Haggard het benadruk dat 'n misdaadrek­ord nie die kersgesken­k is waarop enigiemand kan hoop nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa