Al­les in een en nog meer

Mossel Bay Advertiser - - News -

Hei­del­berg Cal­tex N2 is fris, vars en ge­reed om jou te ver­wel­kom. Die rooi en wit van dié vul­sta­sie se kleu­re was o­ral op Don­der­dag 13 De­sem­ber ty­dens die amp­te­li­ke ‘big bang’ o­pe­ning te sien.

Goeie ge­hal­te brand­stof is nie al waar­voor jy by Cal­tex wil stop nie. Skoon rus­ka­mers, Se­att­le-kof­fie, vars vrug­te en groen­te van F­reshstop, laat kli­ën­te ver­fris die pad aan­pak. Dit is ook hier waar jy die nuut­ste soort e­lek­tro­nie­se prys­bord of Tra­de Mark-bord in die land kan sien. Mu­siek, dan­sers en kol­wyn­tjies het ’n groot ge­hoor ge­lok. Cal­tex se i­ko­nie­se wit haas het vir kin­ders, so­wel rei­si­gers lek­kers en al­ler­lei ge­sken­kies uit­ge­deel.

S­pur G­rill & Go gee jou die ge­leent­heid om jou guns­tel­ling bur­ger in ’n jap­trap as weg­neem­e­te saam te neem. Jy kan selfs ont­span, sport kyk en op die gra­tis Wi­fi in­ska­kel ter­wyl jy in die meer ont­span­ne bin­ne­ruim­te aan­sit.

S­mul­lek­ker vleis­snit­te en sag­te rib­be­tjies is hier in S­pur-styl te kry. ’n S­peel­park vir kin­ders sal bin­ne­kort aan­ge­bou word. Wan­neer jy jou nie met bees­vleis wil be­derf nie, is Ken­tucky F­ried C­hic­ken (KFC) ’n an­der keu­se.

Hoof uit­voe­ren­de be­amp­te Cor­nel Ver­meu­len het ge­sê: “Meer as 65 werks­ge­leent­he­de is ge­skep. Dít maak ons trots om te weet dat deur werk­skep­ping, 65 ge­sin­ne ge­help kan word. So maak dit ons ’n ge­meen­skap­spe­ler.

“Ons bied goeie pro­duk­te van kwa­li­teit han­dels­mer­ke. Dit is be­lang­rik om ’n hoë stan­daard te hand­haaf. Rei­si­gers moet hier wíl stop en die on­der­vin­ding moet vir die ge­meen­skap, as­ook ver­by­gan­gers aan­ge­naam wees.”

Jy kan vir Moov Fu­el se kom­pe­ti­sie in­skryf wan­neer jy brand­stof ter waar­de van R250 of meer aan­koop. Groot prys­geld is op die spel.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.