Bur­ge­mees­ter oor­han­dig ti­tel­ak­tes

Mossel Bay Advertiser - - News - Chris­to Ver­maak

Mos­sel­baai se uit­voe­ren­de bur­ge­mees­ter, raads­heer Har­ry Le­ven­dal het in die Groot Brak-om­ge­wing 22 ti­tel­ak­tes oor­han­dig.

Die oor­han­di­ging het Don­der­dag, 13 De­sem­ber plaas­ge­vind.

Le­ven­dal het in sy oor­han­di­gings­toe­spraak ge­sê, "Hier­die ti­tel­ak­te is be­hui­singse­ke­ri­teit vir elk­een wat dit ont­vang. Pas dit op. As jy dit ver­loor gaan jy be­taal om weer een te kry."

Hy het aan die ont­van­gers ge­sê hul­le het nou iets op pa­pier wat nie­mand van hul­le kan weg­neem nie. "Jy be­sit nou 'n huis." Hy het al­mal erns­tig ge­maan om nié die ti­tel­ak­tes aan geld­voor­skie­ters te gee om geld te leen nie. "Baie van jul­le het lank ge­wag om hier­die ti­tel­ak­te te kry. As jy dit ver­koop, ver­koop jy jou he­le le­we. Jy gaan nie weer een kry nie."

Hy het die ge­meen­skap aan­ge­moe­dig om trots te wees op wat hul­le be­sit. "Ons moet ons trots hou. Ons kan nie so goed­koop wees om dit te ver­koop nie."

Le­ven­dal het ge­sê die oor­han­di­ging is deel van die Mos­sel­baai-mu­ni­si­pa­li­teit se drie jaar plan om men­se ei­e­naars van hul eie wo­nings te maak.

Fo­to: Chris­to Ver­maak

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.