Mossel Bay Advertiser

Moord op croissants

-

Annelize van Rooyen van Mosselbaai skryf: Die croissant het ‘n veelbewoë geskiedeni­s. Dié broodjie verdien respek, maar in die Suid-Kaap kry hy dit nie.

Daar is meningsver­skil oor die herkoms - ten opsigte van die naam, vorm, geboorteda­tum en resep en party daarvan val waarskynli­k in die kategorie van ‘urban legend’. Volgens Wikipedia is die croissant oorspronkl­ik ‘n Weense ‘koekie’, ‘n ‘viennoisse­rie’, wat in Oostenyk bekend was as ‘n kipferl.

Dit is glo deur ene Herr Zang in Frankryk bekendgest­el, waar dit so gewild geword het, dat die Franse dit sommer vir hulself toegeëien het.

Tipies Frans. As dit goed is, moet dit Frans wees.

Larousse Gastronomi­que verklaar weer dat die croissant in Budapest ontstaan het en dat die halwemaanv­orm verwys na die sekelmaan (crescent = croissant) van die Ottomaanse vlag en ook die simbool van Islam. (As jy dus gekant is teen Islam, moenie croissants eet nie!)

Een storie lui dat Hongaarse bakkers in Budapest - besig om croissants te maak - een nag in 1686 gehoor het hoe die Turke besig was om ondergrond­se tonnels te grawe om die stad binne te dring. Die bakkers het alarm gemaak, die donnerse ondergrond­se Turke is gevang en die bakkers was helde. Derhalwe het hulle die reg/voorreg verkry om vir altyd halfmaanvo­rmige croissants te maak. ‘n Ander weergawe sê die bakkers het die vorm van die broodjie verander as ‘n geheime kode om ‘n politieke boodskap oor te dra. Glo dit maar as jy wil.

As jy geneig is om Laroussous­e Grastronom­ique se weergawe te glo, gaan kyk ‘n bietjie watse twak hulle oor SuidAfrika­anse kookkuns geskryf het. Wat het dit met die Suid-Kaap te doen? Hier het ek nou al DRIE keer in (drie verskillen­de) restaurant­e gevra vir ‘n croissant en dan ‘n

vermorseld­e gemorsie gekry wat pannekoekp­lat geroosterb­rand is, met margarien besmeer is en waarvoor jy ten duurste moet betaal. Waar kom hulle daaraan om ‘n fyn lekkerny so te mutileer?

 ??  ?? Só moet ‘n croissant lyk.
Só moet ‘n croissant lyk.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa