Mossel Bay Advertiser

Hoërskool Punt se klas van 2018

- Tersia Marais

Met die matriekuit­slae van 2018, het Hoërskool Punt se ouers, onderwyser­s en matrieks rede gehad om fees te vier.

Hoewel daar slegs een druipeling is uit die 223, het die aantal kandidate wat universite­itstoelati­ng behaal het met 9% toegeneem. Daar is 19 kandidate wat 'n A-gemiddeld behaal het. Die topprestee­rder is Marina Barnard wat agt onderskeid­ings behaal het. Kort op haar hakke is Marli Schoeman, Zachary September en WG Strauss met sewe onderskeid­ings elk.

Marina en Marli gaan beide medies studeer by Stellenbos­ch en Zachary mik vir 'n ingenieurs­graad.

In sy kort toespraak het mnr Gouws, Hoërskool Punt se hoof, die personeel bedank vir hul toewyding en die matrilukan­te gelukgewen­s met hul volharding en goeie resultate.

 ?? Foto: Tersia Marais ?? Van die 19 kandidate wat ‘n A-gemiddeld bereik het saam met mnre Van Zyl, Pieterse en Gouws.
Foto: Tersia Marais Van die 19 kandidate wat ‘n A-gemiddeld bereik het saam met mnre Van Zyl, Pieterse en Gouws.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa