Mossel Bay Advertiser

4 Nuwejaarsb­abas vir Mosselbaai

- Tersia Marais

Die Mosselbaai provinsial­e hospitaal het met baie trots vier Nuwejaarsb­abas verwelkom. Shareta Khana se dogtertjie is om 10:40 gebore. Sy het slegs 2.680kg geweeg. Om 11:35 het Fatimha Claassen geboorte geskenk aan 'n 3.710kg dogtertjie. Die enigste seuntjie is om 13:20 gebore en trotse mamma Sesthu Xingashe het vertel dat hy 3.680kg geweeg het en 50cm lank was by geboorte. Om 19:05 het Anet Seconds haar dogtertjie van 2.7kg die lewe ingebring.

Daar is geen Kersfeesba­bas in Mosselbaai gebore nie en die Life Bay Viewhospit­aal het ook geen Nuwejaarsb­abas gehad nie.

 ?? Foto: Tersia Marais ?? Die vier trotse mammas met hul Nuwejaarsb­abas wat in die Mosselbaai provinsial­e hospitaal gebore is.
Foto: Tersia Marais Die vier trotse mammas met hul Nuwejaarsb­abas wat in die Mosselbaai provinsial­e hospitaal gebore is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa