Mossel Bay Advertiser

Seuns (16) geroof op wandelroet­e

- Cornelle Carstens

Twee seuns (16), beide leerders aan Hoërskool Punt het gedurende die besigste tyd van die vakansiese­isoen, binne sig van Mosselbaai se bedrywige Punt-area, die jongste slagoffers van 'n rooftog op die St Blaize-wandelpad geword. Die twee jongelinge, wie se ouers verkies dat hulle anoniem bly, het op 29 Desember die warm somerdag in die buitelug spandeer saam met vriende. Met die basiese vereistes vir die veilige bewaring van waardevoll­e persoonlik­e items deeglik by hulle ingeprent, het hulle terwyl hulle geswem het, hul rugsakke en selfone by vriende se woonstel gelos.

Teen 16:30 het die seuns, nadat hulle weer hulle rugsakke by die vriende gekry het, besluit om met die wandelpad langs huis toe te stap, aangesien een van hulle naby die Mosselbaai-gholflandg­oed bly.

"Ek het my ma so 16:30 laat weet ons is op pad. Ons wou musiek luister terwyl ons stap, maar het toe daarteen besluit, want ons het gedink netnou roof iemand ons."

Toe die jonges knap verby die lighuis stap, het drie ander jong seuns in die teenoorges­telde rigting op die wandelpad verbygekom.

"Ons was skaars 20m verder, toe voel ek iemand aan my rugsak gryp. Ek het omgekyk en gedink dis my vriend wat my aandag probeer kry, maar dit is toe een van die mans wat ons geroof het. Toe my vriend wou vorentoe kom om my te help, toe gryp iemand hom ook van agter. Een van die mans het 'n mes gehad. My vriend wou nie die foon gee nie, want dit was sy ma s'n. Ek het vir hom gesê dat hy dit net moet gee. Een van die mans het gesê ‘Kap hom’ en toe swaai die mes na my vriend toe."

Die seuns het begin hardloop nadat die verdagtes hulle van hulle sakke en selfone beroof het. "Ons het so 40m verder gestop en omgekyk, toe sien ons net hoe hardloop hulle die trappies op."

Lede van die publiek het die seuns bygestaan en hulp ontbied.

"Dit is vir my ongeloofli­k dat so iets kon gebeur terwyl die hele area eintlik vol mense was. Dit was besig," sê die seun se ma.

"Ek het probeer dink wat ons anders gedoen het as ander kere. Ons stap en ek draf graag daar. Ek dink ons rugsakke het ons 'n teiken gemaak." Die seun sê hy wil nie weer daar stap nie.

"My vriend het ook gesê hy wil nie weer hardloop vir sy lewe nie."

Die St Blaize-staproete is nie gedurende die feesseisoe­n gepatrolle­er nie, soos onlangs berig. Patrollies word sedert laat 2018 op die roete gedoen juis om dit te beveilig.

Kommunikas­iebeampte van die Mosselbaai-polisie, ao Pieter Koekemoer het bevestig dat 'n saak van roof deur die stasie se speurafdel­ing ondersoek word. Geen arrestasie­s is nog in verband met die voorval gemaak nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa