Mossel Bay Advertiser

Verdrinkin­g eis 2 lewens

- Louise Karsten

Twee kinders het in Desember op Mosselbaai en Groot-Brakrivier verdrink. Nog 'n tweejarige kleuter het byna by 'n waterpark op Mosselbaai verdrink. In die eerste voorval het 'n tweejarige kind by 'n privaat woning by die Pinnacle Pointlandg­oed verdrink. Na wat verneem word het die gesin by die swembad ontspan. Die peuter is in die sorg van 'n oppasser gelaat terwyl die ouers gaan stort het. Die oppasser het die kind na 'n kamer geneem om af te droog. Oomblikke later het oppasser en ouers egter na die kind begin soek. Die kind is in die swembad aangetref en is by aankoms by die Life Bay View privaat hospitaal dood verklaar.

Op Kersdag het 'n agtjarige meisie wat intussen geïdentifi­seer is as Sharney van Niekerk van Oudtshoorn, op Groot Brak verdrink. Polisiewoo­rdvoerder, kst Laurianne Botha sê die slagoffer het saam met haar familie op die oewer van die rivier gekuier toe sy om ongeveer 10:00 in die water ingegaan het en verdwyn het.

'n Angsbevang­e ooggetuie het by die polisiesta­sie, wat 'n klipgooi van die gebied geleë, is om hulp gaan roep. Nog 'n ooggetuie het die polisiekan­toor gekontak. "Ons het 'n voertuig uitgestuur en nooddienst­e ontbied. Paramedici het dadelik noodbehand­eling op die slagoffer toegepas maar dit was klaar te laat."

Werner Vermaak van ER24 sê in 'n ander voorval het 'n tweejarige meisie by ’n swembad van 'n waterpark geswem toe iemand gesien het sy reageer nie meer op die mense naby haar nie. "Paramedici is na die waterpark ontbied en ’n plaaslike menseredde­r het na haar omgesien tot paramedici van ER24 opdaag." Die meisie is bygebring en na 'n hospitaal geneem vir verdere mediese sorg.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa