Mossel Bay Advertiser

Veldbrand toe selfdood

- Louise Karsten

Wat aanvanklik op 28 Desember as 'n brand by Aalwyndal beskryf is, het later bekend geraak as die brand van 'n voertuig en die gebied om dit bokant Island View nadat 'n inwoner van Mosselbaai op die wyse selfdood gepleeg het.

Die Da Gamaskop-polisie het ‘n geregtelik­e doodsonder­soek dossier geopen nadat die liggaam van 'n vrou nadat die brand geblus is in ‘n uitgebrand­e voertuig in Henningstr­aat gevind is.

Polisiewoo­rdvoerder, kapt Wollie Fourie sê ‘n brand het in die gebied om ongeveer 13:30 ontstaan. ‘n Helikopter en vliegtuig is gebruik om water oor die gebied te gooi en lede van die Mosselbaai brand- en rampbestuu­rsdienste was ook op die toneel. Kaptein Fourie sê nadat die brand geblus is, het hulle op ‘n wit voertuig, vermoedeli­k ‘n Chevy Spark, op die toneel waar die brand ontstaan het, afgekom. “Die beendere van ‘n persoon is in die voertuig gevind.” Die polisie vermoed nie gemene spel nie en ‘n forensiese ondersoek sal nou gedoen word.

 ??  ?? Die uitgebrand­e voertuig waarin die liggaam van ‘n vrou gevind is.
Die uitgebrand­e voertuig waarin die liggaam van ‘n vrou gevind is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa