Mossel Bay Advertiser

Geen arrestasie­s na aanval op strand

-

Wie die twee verdagtes is wat 'n tiener en sy oom op 31 Desember, kort na middernag op 'n strand by Tergniet aangeval het, is steeds duister.

Mossel Bay Advertiser lesers het met skok gereageer nadat dit bekend geword het dat 'n 16-jarige seun wat saam met sy oom na vuurwerke op die strand gekyk het deur twee mans aangerand is.

Hoewel die voorval by die GrootBrakr­ivier-polisiesta­sie aangemeld is, is geen saak geopen nie.

Op sosiale media het Munro Via geskryf: "'n 16-jarige seun en sy oom is op 'n strand by Tergniet aangeval terwyl hulle na vuurwerke gekyk het. Een van die mans is ongeveer 28-jaar oud. Nadat hulle die seun en sy oom aangerand het, het hulle gesê hulle gaan nog mense op die strand aanval. Die seun se klere is van sy lyf geskeur en sy oom se brille is afgeslaan. Het iemand hierdie aanvallers gesien?"

Christine Watters het gereageer: "Daar was twee mans net na 00:00. Een langer ou met 'n stok of pyp in hand (albei het pette aangehad) wat oppad was na Toekoms. Deur De Lange uitbreidin­g net agter Tergniet. Hulle het amper gehardloop, so haastig was hulle. Ons is dadelik terug die huis in."

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa