Mossel Bay Advertiser

Polisie hande vol met 2 botsings

- Louise Karsten

Op 31 Desember het verkeerspo­lisie hul hande vol gehad nadat twee botsings kort op mekaar in Hartenbos gevolg het. Polisiewoo­rdvoerder kapt Wollie Fourie sê die eerste botsing het twee bakkies en 'n BMW ingesluit.

"Die 74-jarige bestuurder van een van die bakkies het oor die kruising in die rigting van Hartenbos gery toe hy van links deur nog 'n bakkie wat in die rigting van Brandwag gery het, getref is. 'n BMW is kort daarna deur een van die bakkies wat oor die pad geskuur en gerol het getref." Die bejaarde bestuurder is met ernstige beserings na 'n hospitaal afgevoer.

Kort daarna was daar 'n kettingbot­sing waarby 'n polisievoe­rtuig en nog drie ander voertuie betrokke was, aan die anderkant van die Hartenbosh­euwels se ingang. Slegs ligte beserings is in die voorval opgedoen. Twee sake van roekelose en nalatige bestuur word ondersoek.

* Twee volwassene­s van Mosselbaai, 'n man en 'n vrou, wat bekend was as 'n gimnasium-instrukteu­r, is op 21 Desember omstreeks 17:00 volgens inligting op slag dood in 'n trompop-botsing op die N2 naby Heidelberg. Die vrou se tweejarige seuntjie was ook in die Hyundai-voertuig toe dit teen 'n Ford Ranger-bakkie gebots het en is ernstig beseer. Hy het nie lank na die ongeluk aan sy beserings beswyk.

 ??  ??
 ??  ?? Verkeerspo­lisie op die tweede toneel by die ingang van Hartenbosh­euwels.
Verkeerspo­lisie op die tweede toneel by die ingang van Hartenbosh­euwels.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa