Mossel Bay Advertiser

Dronkbestu­urders vasgevat

- Louise Karsten

Dronkbestu­urders is die afgelope Desember vasgevat. Wes-Kaapse verkeersho­of, Kenny Africa sê verskeie mense is tydens die vakansiese­isoen in die Suid-Kaap in hegtenis geneem. Boonop was een van die hoogste lesings in die Mosselbaai gebied gerapporte­er.

Die bestuurder is tussen 4 en 5 Januarie van die pad afgetrek en sy lesing was vier keer oor die limiet.

Intussen sê polisiewoo­rdvoerder, kapt Malcolm Pojie minstens 815 mense is vanaf 27 Desember tot 30 Desember vir verskeie oortreding­s in hegtenis geneem. Die operasie staan bekend as Safer Festive Season. Dit het strandpatr­ollies, padblokkad­es, en die deursoek van voertuie op verskillen­de punte behels.

Pojie beskryf die afgelope seisoen as "eintlik rustig" en sê dit is te danke aan goeie polisiërin­g en die samewerkin­g van buurtwagte.

Hoewel dronkbestu­ur volgens die departemen­t van vervoer die hoofoorsaa­k van ongelukke op paaie die vakansie was, speel spoedoortr­edings en roekelose en nalatige bestuur ook 'n rol. Woordvoerd­er van die departemen­t van vervoer, Ishmael Mnisi sê egter, baie ongelukke is ook deur moeë bestuurder­s gemaak.

Meer as 190 mense het Desember hul lewens op paaie in die Oos-Kaap verloor, waarvan 70 voetganger­s was.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa