Mossel Bay Advertiser

Skoenskenk­ing kom weer handig te pas

-

Vanjaar is die sewende jaar dat oud-Mosselbaai­er Curt Baker sy skoenproje­k aanpak. Meer as

300 leerders, van verskeie skole in Mosselbaai, het nou al baat gevind by hierdie projek.

Hy maak sy vriende, familie en sosiale media-kennisse deel van die projek en woeker reeds vanaf November elke jaar om die skoolskoen­e in te samel. Van die begunstigd­es is vanjaar Diaz Primêre Skool, waar Curt skoolgegaa­n het.

Elke jaar daag menigte kinders by skole op sonder ordentlike skoolskoen­e. "Dit is hoekom ek en my vriende graag hierdie verskil wil maak.

Daar is steeds baie hulp nodig by skole soos om sanitêre doekies en basiese toiletware te skenk." Curt rig 'n uitdaging aan elke oud-leerder van Diaz Primêr om 'n klein projekkie te begin om selfs net 'n paar kinders te help as hulle kan.

"Ek bedank elkeen wat skoolskoen­e gekoop het en wat jaarliks die projek ondersteun."

 ??  ?? Juffroue Stevens en Jones by die welkome skoenskenk­ing van ‘n oud-leerder Curt Baker. Curt skenk jaarliks skoene aan skole gedurende sy verjaarsda­gmaand.
Juffroue Stevens en Jones by die welkome skoenskenk­ing van ‘n oud-leerder Curt Baker. Curt skenk jaarliks skoene aan skole gedurende sy verjaarsda­gmaand.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa