Mossel Bay Advertiser

Punt-leerders bederf kinders

-

WISH (Wees Iemand Se Held) is ‘n gemeenskap­sdiensproj­ek van Hoërskool Punt.

Leerders besoek elke kwartaal die Môreson-kinderhuis in George om aktiwiteit­e met die kinders daar te doen.

Begin Desember het hulle die program vir die jaar afgesluit deur Kersfeespa­kkies vir elke inwoner op te maak en dit vir hulle te gaan uitdeel.

"Elke huis het vir ons ‘n kaartjie gemaak om dankie te sê. Die leerders hoop om volgende jaar die projek voort te sit. Groot dank aan Vredebest wat die sakkies vir die geskenke geborg het."

 ??  ?? Kinders op pad saam met Kersvader.
Kinders op pad saam met Kersvader.
 ??  ??
 ??  ?? Landré Cope, Kyla Viljoen, Annemie de Graaff en Franciska Olivier by die pakkies. Die projek is begin op inisiatief van Annemie en Franciska en hulle hanteer alle reëlings self.
Landré Cope, Kyla Viljoen, Annemie de Graaff en Franciska Olivier by die pakkies. Die projek is begin op inisiatief van Annemie en Franciska en hulle hanteer alle reëlings self.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa