Mossel Bay Advertiser

Nuwejaarsd­raffie weer ‘n plesier

-

André Fraser (namens die Mosselbaai Nasionale Seeredding­s Instituut Stasie 15), skryf:

Na die afgelope NSRI Nuwejaar s p strand wedloop van 5 Januarie 2019 wil ons graag van die geleenthei­d gebruik maak om ons hoof borg, Oceans Research, van harte te bedank vir die kort kennisgewi­ng waarop hulle ingestem het om hierdie borgskap op te neem.

Ons wil graag ook aan die volgende instansies wat mildelik bygedra het aan pryse ter waarde van R26 500 waarin die hardlopers in gelukstrek­kings kon deel, van harte bedank. Hulle is ATKV, Coca-Cola, Tekkie Town, Albert Wiffen se restaurant groep, Blitsdruk, Johan

Zwiegelaar, Freaking Fast, Garden Route Scuba en White Shark Africa. Ons bedank graag vir Hartenbos Drawwers wat altyd help met die logistieke en die gebruik van hulle klubhuis geriewe. Aan Tersia Marais wat so getrou altyd die foto's neem, baie dankie. Aan een en elk van ons stasie se bemanning wat so getrou altyd hulle tyd met entosiasme aanbied om ook hierdie wedloop ‘n groot sukses te maak, baie dankie julle! Dan natuurlik dankie aan al die ondersteun­ende hardlopers wat ons wedloop so getrou ondersteun.

Histories het ons hierdie wedloop altyd op 1 Januarie aangebied. Die datum het nou onlangs debateerba­ar geraak en het die vraag ontstaan, kan dit ‘n ander datum wees. Vir ons is die 1ste Januarie taamlik sentimente­el aangesien wyle John Deacon wat die eerste wedloop beplan het, het dit op 1 Januarie laat plaasvind. Die vraag was, moet ons dit verskuif of hou op die 1ste ongeag die begin tyd wat saam met die seegety bepaal word? Kan 05:00 of 17:00 wees. Hierdie vraag was aan die hardlopers gevra tydens hierdie wedloop en die oorgrote meerderhei­d het verkies om dit nie op die 1ste te doen nie. Ons sal dus voortaan die wedloop reël vir die eerste Saterdag na 1 Januarie indien die seegetye dit toelaat. Baie dankie aan almal en seëngroete vir 2019 en dan sien ons al die harlopers weer waarskynli­k op 4 Januarie 2020.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa