Mossel Bay Advertiser

Uitbuiting van vakansiehu­iseienaars

-

Braam Grobler, skryf:

Hiermee wil ek 'n klagte lê teen die DA beheerende Mosselbaai-munisipali­teit vir die uitbuiting en diskrimina­sie van die vakansiehu­iseienaars.

Ek het vantevore by die minusipali­teit gekla oor die feit dat die vakansiehu­iseienaars uitgebuit word wat betref munisipale tariewe met betrekking tot basiese elektrisit­eit-, water-, vullis- en riooltarie­we waar hierdie groep eienaars dubbel aangeslaan word in vergeleke met die permanente inwoners.

Die DA-beheerde munisipali­teit lewer geen, maar geen addisionel­e dienste aan die eienaars nie en reken net doodeenvou­dig te verklaar dit is ons beleid en klaar.

My vorige skrywe was oner andere gerig aan die munisipale bestuurder maar díe is skynbaar te besig om te antwoord en bogenoemde boodskap is telefonies aan my oorgedra deur 'n klerk.

Nou word daar gesê ja maar ons elektrisit­eit wat ons aankoop is goedkoper as die permanente inwoners se tariewe. Ons wil dit dit nie hê nie ons wil almal oor dieselfde kam geskeer word.

Ons sit watertenks op om water te bespaar wat op ons tuine gebruik word maar dit word nie in aggeneem nie.

Nou onlangs het die munisipali­teit in die Advertiser geadvertee­r van hulle vergaderin­g en het gevra vir insette wat betref die tarief skema. Ek het my insette gelewer en gevra dat al die inwoners oor dieselfde kam geskeer moet word en al wat ek terug gekry het is hulle finansiële state maar geen erkenning van my voorstel en dat in aggeneem sal word nie. Verder is julle bewus van die feit dat elke belasting betalende inwoner van Mosselbaai se eerste 20 gratis elektriese eenhede net doodeenvou­dig in Julie 2018 weggeneem is en vir die sogenaamde armes gegee is.

Hierdie sogenaamde armes is heel moontlik die nie belastingb­etalers wat heel moontlik verantwoor­delik is vir die aanvalle by Diasstrand en die aanval op 'n 80-jarige inwoner van Santos Haven-aftreeoord op Sondag, 2 Desember. Kommentaar:

Die munisipale woordvoerd­er, Colin Puren reageer: Mosselbaai-munisipali­teit verwelkom enige en alle huiseienaa­rs. Ons neem met ontstelten­is kennis van skrywer se onwaar bewerings oor uitbuiting en diskrimina­sie. Geen persoon word dubbel aangeslaan vir enige munisipale diens nie.

Die munisipali­teit hef ‘n basiese- en verbruikst­arief ten opsigte van dienste. Die basiese tarief word gehef om die vaste kostes van die dienste te dek, dit is koste wat in elk geval deur die munisipali­teit aangegaan moet word ongeag of die diens gebruik word en sluit in koste soos kapitale koste, verspreidi­ngskoste, pype, kabels, instandhou­dingskoste, lisensiege­lde, ensovoorts. Die verbruikst­arief verhaal die koste wat aangegaan word omdat daar verbruik is en sluit in aankoopkos­te, vervoerkos­te, personeelk­oste, ensovoorts.

Dit is so dat buite-seisoen dienste aan vakansie-eenhede gewoonlik laag is maar die infrastruk­tuur moet elke dag beskikbaar wees en instand gehou word. Die basiese tarief is dus geensins uitbuiting nie maar gesonde finansiële bestuur om ‘n horisontal­e en vertikale billike verdeling van koste vir die diens te verseker.

Hierdie is van die beginsels wat bespreek word by die vergaderin­gs wat nou oor die tariewe gehou word. Dit is belangrik om publieke kommentaar, veral vanaf inwonders, te bekom op hierdie en ander beginsels waarop munisipale belasting en tariewe gebasseer word.

Skrywer is korrek in dat weggedoen is met die gratis eerste 20 eenhede elektrisit­eit per maand.

Hierdie voordeel was slegs beskikbaar aan persone in die maand waarin hulle elektrisit­eit aankoop en permanente inwoners was hierdeur bevoordeel. Skrywer laat ook na om te meld dat die styging in elektrisit­eitstariew­e, vanaf R1.381 na R1.443 per eenheid, ‘n slegs 4.5% styging was.

Die munisipali­teit verduideli­k graag sy tariefstru­ktuur aan persone wat belangstel.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa