Mossel Bay Advertiser

Oosthuizen help buurtwag

-

‘n Buurtwagli­d, Michal Rehr het gereël dat met ‘n Louis Oosthuizen Foundation-gholfdag, ‘n fondsinsam­eling vir die buurtwag gehou kan word.

Die fondsinsam­eling is Woensdag, 19 Desember op die vierde putjie van die Pinnacle Point-gholfbaan gehou.

‘n Versamelst­uk bottel wyn, geskenk deur Piet Taute, is ook opgeveil en die buurtwag kon altesaam R8 000 invorder.

Die buurtwag bedank Landie, tannie Elsie, Hennie, oom Jody, Piet en Mike wat gehelp het met die fondsinsam­eling.

 ??  ?? Louis Oosthuizen (tweede van regs) by die buurtwag se rolspelers. Links staan AB de Villiers (Proteakrie­ketkaptein) en Michal Rehr (buurtwag - derde van links).
Louis Oosthuizen (tweede van regs) by die buurtwag se rolspelers. Links staan AB de Villiers (Proteakrie­ketkaptein) en Michal Rehr (buurtwag - derde van links).

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa