Mossel Bay Advertiser

Ryan se droom skitter met myle

- Foto's: Christo Vermaak

Die 20-jarige Ryan Mphahlele (Tembisa) was ongetwyfel­d die ster van die 2018 Bestmed Eden-straatmylr­eeks.

Al het hy sy derde droomstraa­tmyl binne vyf dae met ‘n skrale 1,88 sekondes misgeloop en so 'n R5 000 bonus gemis, het hy sy stempel onteensegl­ik afgedwing.

Hy is dan ook gekroon as die Bestmed Kovsie Gran Prix-manswenner. Die die vrouewenne­r was Thineke Cloete (Stellenbos­ch) terwyl Lloyd Bosman (Nedbank) en Elne Conradie (Hartenbos Drawwers) onderskeid­elik die SWD Gran Prixwenner­s was. Volgens Hans van der Veen, voorsitter van KKAF en ook die reëlingsko­mitee, dui vanjaar se reeks op ‘n 20% groei en boonop was die eerste vier mans en eerste drie vroueatlet­e se wentyd van 2018 beter as die wenners van 2017.

"Dit dui ook op die verbeterin­g in die alge- mene standaard van die deelnemers," het Van der Veen gesê. Op Hartenbos het meer as 200 atlete in gunstige weersomsta­ndighede deelgeneem. Wikus Kotzé, direkteur van Bestmed, het ook die profession­ele reëlings geloof en hulde gebring aan die reëlingsko­mitee. Dave van der Walt, operasione­le bestuurder van die KKAF, het in sy bedankings hulde gebring aan al die borge wat hierdie reeks moontlik gemaak het – Bestmed, NMU Madibaz Sport, Wes-Kaap departemen­t van kultuursak­e en sport, Kovsies, KKI, Oudtshoorn Ford, Group Editors, EdenFM en ASWD.

Hy het ook die besondere samewerkin­g met die verskillen­de verkeersde­partemente uitgelig en veral verwys na ER24 wat by aldrie die straatmyle uitstekend­e diens gelewer het.

EdenFM het ook gesorg dat aldrie die straatmyle lewendig uitgesend is en so meer as 250 000 plaaslike luisteraar­s kon bereik.

Wenners in die onderskeie kategorieë is: Ryan Mphalele (mans ope), Irvette van Zyl (Nedbank-atletiekkl­ub),

Lloyd Bosman (ASWD mans ope),

Elné Conradie (ASWD vroue ope), Corné de Fouw (sub junior seuns), Christoliq­ue Mc Niel (sub junior meisies), Daniel Maton (junior seuns), Cara du Preez (junior meisies), Walter Lutsch (mans 40 en ouer) en Marili Munnik

(vroue 40 en ouer).

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? Duwayne Philander (tweede algeheel), Ryan Mphalhlele (wenner), Milton Kekana (derde algeheel) enLJ van Zyl (beskermhee­r van straatmylr­eeks).Irvette van Zyl (Nedbankatl­etiekklub) op pad na die wenstreep.
Duwayne Philander (tweede algeheel), Ryan Mphalhlele (wenner), Milton Kekana (derde algeheel) enLJ van Zyl (beskermhee­r van straatmylr­eeks).Irvette van Zyl (Nedbankatl­etiekklub) op pad na die wenstreep.
 ??  ?? Christoliq­ue McNiel (sub junior meisies). ‘n Sub junior atleet nader die eindstreep.
Christoliq­ue McNiel (sub junior meisies). ‘n Sub junior atleet nader die eindstreep.
 ??  ?? Ryan Mphahlele mis sy derde droommyl net-net.
Ryan Mphahlele mis sy derde droommyl net-net.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa