Mossel Bay Advertiser

Bergfiets-prettrap ‘n reusesukse­s

-

Tydens ‘n baie warm Saterdagog­gend wen Lloyd Bosman weer die gewilde Total Groot Brak Moordkuilw­edloop op Friemershe­im met Madelé du Plessis as eerste vrou. Danksy die ruimborgsk­ap van Nico Dippenaar van die Totalvulst­asie by De Dekke op Groot Brak het kategoriew­enners goeie prysgeld, medaljes en pryse ontvang.

Johan Viljoen, voorsitter van Hartenbos Drawwers is ook baie tevrede met die verloop van die oggend tydens die baie moeilike 15km-sirkelroet­e deur die woud. Daar was ook ‘n groot deelname tydens die 4km pretdraf met pragtige medaljes wat verdien is. Die klubs het soos volg presteer. Van Nedbank wen Lloyd Bosman (54:59) en Madele du Plessis (1:11:20) die wedloop met Eddie Mouton (1:09:35) tweede veteraan, Selwyn Losper (1:03:58), Hermanus Jonker (1:09:31) eerste meester, Cecilia Nel (1:12:15) algeheel tweede, Laura Venter (1:38:02) tweede meester en Annetjie Botes (1:15:59) eerste grootmeest­er.

Hartenbos Drawwers het ook baie goed gevaar met Willem Lodewyk (1:11:40), Iaan Speelman (1:19:02) en Frank Dyasani (1:25:42), onderskeid­elik eerste, tweede en derde van die klub. Nerida Lubbe (1:20:59) eerste veteraan, Rina van Schalkwyk (1:31:33) eerste meester en tweede van die klub, Magdelena Opperman (1:36:41) tweede grootmeest­er, Sinead Hatting (2:05:09) eerste stapper, Anneke Otto (1:32:39) derde vrou van die Drawwers.

Elroy Gelant (55:00) van Boxer is algeheel tweede met Gareth Jooste (58:17) algeheel derde met ‘n tydelike nommer so ook Julia J van Rensburg (1:13:04) derde algeheel, Somarie Holtzhause­n (1:25:04) tweede veteraan en Bernard Kock (2:11:29) eerste stapper. Van Mooselbaai Harriers eindig Gurome Gelderblom (1:05:24) as eerste veteraan en Outeniqua Harriers se Patrick Rawlins (1:25:24) as tweede grootmeest­er, Austin Koopman (1:07:22) en Denovin Geduld (1:11:17) as eerste en tweede juniors met Lorraine Zemke (2:23:38 as tweede stapper. West Coast se Willie Coetzee (1:20:23) eerste grootmeest­er. Herman Dekker (1:38:35) van SAPS EPA eerste groot-grootmeest­er. Blue Waters se Andre Pienaar eindig as tweede stapper.

Skalla en Kleintjie van Schalkwyk van Hartenbos Drawwers wat die wedloop gereël het, bedank almal wat tot die sukses van die geleenthei­d bygedra het en veral die deelnemers van reg oor die land. “Sonder julle sou die wedloop nie so groot sukses gewees het nie. Die vier waterpunte wat vir die afgelope vyf jaar op hulle punte was, is Oujan en Anita Liebenberg, Ernst Viviers en sy span, Andre Knobel en sy gesin en Geo Engelbregh­t van South Oceans Properties en sy span. Ilze Viljoen en komitee se borge wat al die gelukstrek­kings geborg het vir die wedloop. VGK-gemeenskap vir al die eet en drinkgoed met die saal en terrein, Andre Fraser van NSRI met sy manne soos Johan Nysschen en helpers en Des Harris, die wedrenbeam­pte en die tydhouers van ASWD, nogmaals baie, baie dankie.”

Meer inligting, foto’s en wedloopuit­slae is beskikbaar op www.hartenbosd­rawwers. co.za

 ??  ??
 ??  ?? Die 22ste Hartenbos Bergfiets-prettrap het groot getalle gelok.
Die 22ste Hartenbos Bergfiets-prettrap het groot getalle gelok.
 ??  ?? Hartenbos Drawwers se atlete wat eerste oor die wenstreep was, Willem Lodewyk, Iaan Speelman en Frank Dyasani.
Hartenbos Drawwers se atlete wat eerste oor die wenstreep was, Willem Lodewyk, Iaan Speelman en Frank Dyasani.
 ??  ?? Madelé du Plessis, wenner van die vroueafdel­ing, saam met Cecilia Nel en Nico Dippenaar.
Madelé du Plessis, wenner van die vroueafdel­ing, saam met Cecilia Nel en Nico Dippenaar.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa