Mossel Bay Advertiser

Koördineri­ng lei tot goeie seisoen

- Nickey le Roux

Die effektiewe koördineri­ng van dienslewer­ing deur die seisoenmon­iteringsko­mitee onder leiding van die Mosselbaai-munisipali­teit is grootliks die rede vir 'n baie suksesvoll­e somervakan­sieseisoen.

Boonop meen die rolspelers wat aan die monitering­skomitee deelgeneem het dat die gesamentli­ke koördineri­ng van funksies, verantwoor­delikhede en rolle nie net tydens die somervakan­sie nie, maar ook tydens die res van die jaar die norm behoort te wees. 'n Beroep is gedoen dat diegene wat by die seisoenmon­itering betrokke was, ten minste maandeliks byeen moet kom en nou reeds met beplanning moet begin vir die 2019 somervakan­sie - wat heelwat langer sal wees as die afgelope 2018-somervakan­sie.

Veiligheid

"Die effektiewe funksioner­ing van die onderskeie buurtwagte, die gemeenskap­spolisiëri­ngsforum en wetstoepas­sers het misdadighe­id tot die minimum beperk. Die waarde van die voetpatrol­lies, viertrekmo­torfietse en perde op die strande by bekende misdaadkne­lpunte het misdadiger­s hokgeslaan en, benewens een of twee voorvalle vroeg in die seisoen is geen verdere misdadighe­id daar aangemeld nie.

"Die strandgang­ers en besoekers was baie ingenome met die verhoogde sekerheids­maatreëls en veral met patrollies wat voor sonop en selfs tot na sononder strande vir almal veiliger gemaak het," berig Duppie du Plessis van die Diasstrand­buurtwag.

Hy meen tog dat 'n strandbest­uurder vir sommige van die meer gewilde strande aangestel kan word om beter koördineri­ng van die onderskeie funksies op strande te verseker.

Du Plessis het die hoogste lof vir die munisipale bestuurder, adv Thys Giliomee wat vir die duur van die feesseisoe­n gereeld opsigtelik sy deel tydens strandpatr­ollies gedoen het en sy personeel aangemoedi­g het om selfs nog beter diens te lewer.

"Maak nie saak wat die knelpunt was nie, die munisipale bestuurder was bewus daarvan, het seker gemaak sy personeel hanteer dit - selfs voortydig om probleme te voorkom - en het nie gehuiwer om self betrokke te raak nie."

Vullisverw­ydering

Die direkteur gemeenskap­sdienste, Elize Nel bedank inwoners vir hulle begrip, geduld en samewerkin­g met die effektiewe vullisverw­ydering tydens Kersfees en Nuwejaar.

"Die munisipali­teit het spesifiek vir 26 Desember ekstra personeel bekom om te help. Dit het ‘n baie groot verskil gemaak. Die spanne was om ongeveer 19:00 klaar. Op 2 Januarie is ekstra mense nie gebruik nie, maar personeel was ook om ongeveer 19:00 klaar met die rommelverw­ydering. Die hulp van die buurtwagte se WhatsApp-groepe in dié verband het beslis ‘n groot verskil gemaak," aldus direkteur Nel.

Strande

Bykans 400 000 strandgane­rs het tussen 1 Desember en 1 Januarie strande in en om Mosselbaai besoek en lewensredd­ers het in daardie tyd hul hande vol gehad met nie net reddingspo­gings uit die see nie, maar ook met strandgang­ers wat erge sonbrand opgedoen het of wat onder bloublasie­s deurgeloop het. Die somerweer het mense na strande gelok en winkeliers meen dit is een van die redes hoekom veral kos en drinkgoed, maar nie ander ware nie, besonder goed verkoop het.

Diasstrand, met net meer as 95 000 besoekers in daardie tyd, was verreweg die gewildste strand, hoewel die besondere warm somer talle ook na Santos (36 000+), De Bakke (5 000+), en Cloete se Gat (61 000+) gelok het. Ook Vleesbaai (11 000+), KleinBrakr­ivier (20 000+), Koffiehuis (15 000+) en Nooitgedac­ht (11 000) het groot getalle besoekers gelok.

Tog het lewensredd­ers op verskeie strande geen reddingswe­rk gehad nie, onder meer by Tidals, Tweekuilen, Bayview, Suiderkrui­smond,

Gleniqua, Dwarsweg-, Onderwyser-, Pienaaren Outeniquas­trand.

Daarenteen is

180 keer op die onbaatsugt­ige diens van lewensredd­ers staatgemaa­k, onder meer by die Poort (28 keer tussen 1 Desember en 1 Januarie). In dieselfde tyd is by Diasstrand (11), Nooitgedac­ht (17), Koffiehuis (15), Klein Brak (28) en Suiderkrui­s (44) op lewensredd­ers staatgemaa­k om lewens te red.

Tegelyk het lewensredd­ers 305 gevalle van bloublasie­skade hanteer en 226 keer hulp verleen waar strandgang­ers snywonde op die strand opgedoen het. Slegs in een geval is 'n persoon vir 'n vermoedeli­ke hartaanval behandel.

Vuurwerke

Inwoners en vakansiega­ngers het egter geen ag geslaan op herhaalde vermanings in gedrukte en sosiale media dat die afvuur van vuurwerke in die groter Mosselbaai onwettig is nie. Op Danabaai het besope jongmense op Oujaarsaan­d vuur op die strand gemaak ondanks droë bosse en houthuise in die onmiddelli­ke omgewing. Vuurwerke is afgevuur en geen ag is geslaan op vermaninge dat die optrede gestaak moes word nie. Wetstoepas­sers was ook nie beskikbaar om die skuldiges aan te keer nie. Hierbenewe­ns is op beide Eerste en Tweede Strand vuurwerke afgevuur en buurtwagle­de het hul hande vol gehad om orde te handhaaf.

Hierdie wettelose optrede was nie tot Danabaai beperk nie. By talle huise is vuurwerke ook afgeskiet. Ongeag die wettige vuurwerkve­rtoning in Hartenbos wat heelwat ondersteun­ers gelok het, het vuurwerke regoor Mosselbaai weerklink.

 ?? Foto: Riaan Jordaan ?? Die somervakan­sie was wel korter as gewoonlik maar beslis gekenmerk aan pret op Mosselbaai se strande en see.
Foto: Riaan Jordaan Die somervakan­sie was wel korter as gewoonlik maar beslis gekenmerk aan pret op Mosselbaai se strande en see.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa