Mossel Bay Advertiser

Ma wat glo haar kind met ‘n baksteen gooi in hof

- Louise Karsten

Die polisie op Groot-Brakrivier het 'n 24-jarige vrou van Greenhaven in hegtenis geneem nadat sy en die pa van hul vierjarige dogter in 'n bakleiery betrokke was en sy hom met 'n baksteen gegooi het, wat die kind op haar kop getref het. Polisiewoo­rdvoerder kst Laurianne Botha sê die voorval het op Sondag, 13 Januarie in die laatmiddag­ure gebeur.

"Die kind was in die pa se arms tydens die voorval. Die verdagte wou die man met die baksteen gooi en dit het die kind op haar kop getref." Die voorval het in Watsoniala­an plaasgevin­d. Die slagoffer is per ambulans na 'n hospitaal op Mosselbaai geneem. Sy is daarna in haar pa se sorg vrygelaat waarna die polisie die vrou in hegtenis geneem het op 'n aanklag van aanranding met die opset om ernstig te beseer.

Die verdagte het in aanhouding gebly en op Woensdag, 16 Januarie in die Mosselbaai-landdrosho­f verskyn.

Na wat verneem word, sal die kind in familie se sorg geplaas word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa