Mossel Bay Advertiser

‘n Somer van son, see en genot

-

Die 2018-somervakan­sie het talle uitdagings vir Mosselbaai ingehou. Die verkorte skoolvakan­sie het `n groot impak gehad op die toevloei van besoekers. Tydens die eerste twee weke van Desember was weinig beddens gevul, soos ook die tydjie na Nuwejaar tot en met die begin van die skole, aldus Aneli Gerber, uitvoerend­e hoof van Mosselbaai Toerisme.

Tradisione­el het elk van hierdie tydperke twee volle weke meegebring wat vakansiepl­anne buigsaam maak, wat vanjaar nie die geval was nie.

Daar was talle op die nippertjie kansellasi­es wat feitlik nooit die geval is nie.

Die huidige ekonomiese klimaat het ook meegebring dat besoekers hul vakansie ingekort of selfs gekanselle­er het.

Dit het ook stremming op vakansiebe­groting gelê.

Bars uit sy nate

Vanaf 22 Desember het die dorp uit sy nate gebars, maar daar is duidelik 'n tendens dat vakansiega­ngers nie soos gewoonlik na hartelus gekoop, geëet en kerjakker het nie. Tog is daar besighede wat `n puik seisoen gehad het met goeie groei en talle wat vorige jare se prestasie gehandhaaf het.

Daar was, aldus Gerber, gemengde gevoelens en reaksie vanaf rolspelers in die toerismebe­dryf.

Mosselbaai Toerisme bedank al die rolspelers wat hulself puik van hulle taak gekwyt het om seker te maak dat vakansiega­ngers veilig was en weer ongedeerd na hul huise kon terugkeer.

"Ons bedank die munisipali­teit wat onverpoosd gewerk het om te sorg dat die dorp skoon is en netjies vertoon en dat daar geen onderbreki­ng in dienste was nie, asook die provinsial­e en munisipale verkeersbe­amptes wat deurentyd hul hande vol gehad het, maar nogtans uiters behulpsaam en op hulle poste was.

“Wetstoepas­sing, die gemeenskap­spolisiëri­ngsforums en die buurtwagte het puik, onbaatsugt­ige diens gelewer en het met toewyding daartoe bygedra dat die seisoensta­tistieke verblydend is," berig Gerber.

"Aan al die lewensredd­ers, mediese dienste, rampbestuu­r en vrywillige­rs ons hartlike dank vir lang ure in die warm son. Hierdie spanpoging maak Mosselbaai uniek en is dit weer eens duidelik hoekom Mosselbaai herhaaldel­ik Suid-Afrika se voorkeurdo­rp is."

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa