Mossel Bay Advertiser

Tuine en Tossels hou vergaderin­g

-

Tuine en Tossels se Junie-byeenkoms is deur Wilna Redelinghu­ys en haar span aangebied. Ten spyte van die koue en wind was dit ‘n vrolike affêre. ‘n Glasie sjerrie by aankoms het net die regte atmosfeer help skep. Die Beachcombe­r Restaurant waar daar bymekaarge­kom is, was vrolik versier met pragtige ruikertjie­s, mooi servette ensomeer op die tafels.

Christine Haggard het die verrigting­e begin deur ‘n stukkie te lees oor drome. “Dit is nooit te laat om jou drome uit te leef nie. Moenie jou droom begrawe nie.”

Leonie noem dat Tuine en Tossels nou ook “omgee vir mekaar” by hul missie gaan voeg en noem dat daar tans verskeie van die lede is wat siek is en deur moeilike tye gaan.

Sowat 10 van die Tuine en Tossels-lede gaan behulpsaam wees by Arbeidsbed­iening se funksie in die stadsaal waar Tuine en Tossels verantwoor­delik is vir die tafelrangs­kikkings.

Sprekers tydens die Junie-byeenkoms was Francois Kotze, Jaco Claassen, Ant Canibus en Nadene Campbel.

Francois Kotze van die Duitse Deli in Voorbaai het ‘n groot bord gerookte kouevleis geskenk. Daar was ook ‘n uitstallin­g van die heerlikste vleise wat hulle maak en proehappie­s het beslis groot byval onder die vroue gevind.

Eden Epoxy se Johan Boshoff kon ongelukkig nie self teenwoordi­g wees nie, maar sy assistent Jaco Claassen het sy skoene volgestaan en die proses verduideli­k. Daar was verskillen­de voorbeelde van hierdie veelsydige produk. Die produk kan byvoorbeel­d gebruik word om ‘n tafel se blad mee oor te trek.

Ant Canibus wys al die verskillen­de olies en salwe wat van dagga gemaak word. Daar is baie salwe, pille en produkte beskikbaar. Vorige geslagte het jare gelede reeds daggatee gemaak vir verskillen­de kwale. Cannabis word deesdae baie gebruik as ‘n alternatie­we manier van genesing en pynbeheer, veral by kankerpasi­ënte. Dit is ook baie goed vir hoë bloeddruk. Ant het ‘n lisensie vir die vervaardig­ing van al die produkte wat hy te koop aanbied.

Nadene Campbel het ‘n pragtige uitstallin­g van grimeerpro­dukte gehad wat organies en mineraalry­k is. Sy het baie goeie wenke gegee, veral vir ouer vroue oor die moets en moenies van grimering. ‘n Paar vroue het gegaan vir ‘n mooimaakse­ssie en het pragtig (en veel jonger) gelyk nadat sy met hulle klaar was.

Leonie Coetzee het wenlootjie gehad wat haar ‘n geskenk van 4 Cousins in die sak gebring het. “Groot dank aan hulle vir die bydrae.”

Daar is geen byeenkoms gedurende Julie nie.

 ??  ?? Ant Canibus by van sy produkte.
Ant Canibus by van sy produkte.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa